Ek is al beskuldig van Volstruispolitiek. Wat is Volstruispolitiek vra jy? Dis nie om ‘n draadsitter te wees nie, nee, dis meer om jou kop in die grond te druk en te maak of jy nie sien wat om jou aangaan nie. Dis my definisie in elk geval. Dis nie ontkenning van gebeurtenisse nie, maar eerder ‘n siening van ‘ek sien dit nie raak houding nie’. Ek stem natuurlik glad nie saam nie, ek sien baie goed te alle tye wat om my aangaan, in die ons mooie land, politiek en die wyer wêreld om ons.
Verskil is net ek weet ten alle tye wie is in beheer, nie die President, of NATO of enige ander persoon of instansie nie, net God. Hy is en was nog altyd in beheer. Ons vergeet dit net soms so bietjie, en dan bekommer ons weer so vir ‘n slaggie oor die dinge waaroor ons regtig, as ons eerlik met onsself is, geen beheer oor het nie. Continue reading “Volstruispolitiek.”

