Facebook vs Realiteit.

Is jy ‘n prentjie mens? Ek is nogals. Dink bietjie aan ‘n foto van ‘n koei wat rustig in die groenste gras staan en herkou… nie ver van die koei speel twee bruin gevlekte kalfies baldadig in die lang gras wegkruipertjie. Die kanola velde staan vol in die blom so ver soos die oog kan sien. Dis wat jy sien… perfeksie, vrede. Dis Facebook…

Die anderkant van die teerpad lyk so effe anders, want sien die melkery wat daagliks 3000 koeie melk is oorkant die pad geleë. Dis brommers en vlieë waar jy kyk, die mishope lyk soos berge en jip jy het reg geraai, dit ruik ook nie so baie lekker nie. Na die onlangse reën is dit natuurlik een groot modder-gemors. Dit my liewe vriendin is realiteit.

Ons kan soms so jaloers wees op wat ons sien op sosiale media, want sien jy die klomp Venters ploeter al weer oorsee rond en kyk net hoe oulik lyk haar kinders op die foto, en sy, sy lyk so gelukkig en tevrede en agtermekaar … en en en…. Maar sien dis die ding. Ons sien net die koei en die kanola lande in die prentjie, nie die mis of die vlieë nie, want ons is tog net so bang mense sien ons lewens en ons prentjies is nie altyd so perfek nie. Hoeveel onvleiende profile pics het jy al gesien? Nee ons neem daai profile pic, met ons asems ingetrek, dubbelken mooi netjies weggesteek. Continue reading “Facebook vs Realiteit.”

Moenie ‘n Donkie Wees nie!

God het darem ‘n wonderlike sin vir humor. Ek lees gister die stukkie in Psalm 32:8-9 in The Passion Translation. I hear the Lord saying, “I will stay close to you, instructing and guiding you along the pathway for your life. I will advise you along the way and lead you forth with My eyes as your guide. So, don’t make it difficult; don’t be stubborn when I take you where you’ve not been before. Don’t make me tug you and pull you along. Just come with me!”

Hoor jy wat God sê?  “Kom saam met My, My planne vir jou is groter en beter as wat jy ooit kan dink of droom.” Moet dit nie vir jouself moeilik maak nie, God wil jou nie saamsleep na waar jy moet gaan nie, maar Hy sal as Hy moet, want Hy het jou heeltemal te lief om jou net te los. Jou net te los sodat jy net kan voortploeter in jou alledaagse bestaan. God sal jou agternasit, oor berge en dale agter jou aankom, mure afbreek, leërmagte verslaan… Dit sal Hy alles doen net vir jou! Continue reading “Moenie ‘n Donkie Wees nie!”

Die Droomgewer.

Die Woord van God het soveel mooi voorbeelde van gewone vroue wat God op ‘n besonderse manier gebruik het. God gebruik ‘n ongetroude, jongmeisie om die Ma te wees van Sy eniggebore Seun. Ester die weeskind word Ester die Koningin wat haar volk red van gewisse dood. Debora raak op ‘n tyd wat vrouens nie hoog geag word nie, die leier van die Israeliete, ‘n profetes en boonop ook die aanvoerder van ‘n hele leërmag.

God gebruik gewone vroue soos ek en jy om Sy hande en voete op aarde te wees. Ons vergeet so maklik dat die Heilige Gees van God binne ons woon. Dieselfde opstandingskrag wat Jesus uit die dood opgewek het is binne my en jou.

Jy is volgens die besluit van God geroep. Uitverkies. (Rom. 8:28-29) Jy is geroep vir ‘n doel om ‘n doelgerigte lewe te leef. God se plan vir jou lewe is volmaak en wanneer jy in die volmaaktheid van God se plan vir jou lewe leef het dit vrede, geluk en tevredenheid tot gevolg. Miskien moet ons ophou om verskonings te maak, miskien het dit tyd geword om uit ons bootjies te klim en die eerste treetjie op die water te gee. Continue reading “Die Droomgewer.”