Sproetjies.

Sjoe! Dankie Kleinsus vir Sproetjies. Ek eer die Here vir die talent waarmee Hy jou vir nou toevertrou het!

Ek is mal oor musiek. Ek luister omtrent altyd na musiek. Sonder musiek sal ek nie ek wees nie! Ek luister die meeste Christelike musiek, maar regtig enige musiek kan gaan. (Behalwe klassiek, boeremusiek en die Briels, daar trek ek ‘n defnitiewe streep) Die beste geskenk wat Jannie nog ooit vir my gegee het, is ‘n draagbare speaker. (Dankie my engel!) Ek vat die speaker oral saam waar ek gaan. As ek skryf, stryk, wasgoed ophang… die werke. Die ergste is ek sing kliphard saam… Jannie sê hoeka ek klink soos ‘n kat op ‘n warm sinkplaat… arme bure!

Gister is ek oppad skool toe vir my daaglikse me-time. Dis nou die 30-minute wat ek voor die Hoërskool sit en boek lees! Oppad luister ek Sproetjies. Ek raak sommer nostalgies, want dit is mos musiek waarmee ons grootgeword het. Ek raak sommer so bietjie opstandig en ongeduldig met Sproetjies wat haar self nie deur sy oë gesien kan kry nie. Ai en dis mooi goed hoor:

“Sproetjies, daars ‘n reënboog in jou oë, almal wil graag soos jy wees, want jy’s pragtig, lieflik”. En die jare stap aan en Sproetjies verander van ‘n lelike eendjie in die mooiste swaan, ‘n swaan wat kan dans ook nog, met ‘n gehoor wat sy bekoor, maar wat sê Sproetjies? “Ek wens ek kon my deur jou oë sien…” Continue reading “Sproetjies.”

Ons Reëls.

As daar een ding is wat nie te sleg is van ouerskap nie is dit die feit dat jy die reëls kan opmaak, bysit, wegvat, verbuig soos jy gaan. Is dit nie lekker nie? Arme ousus, alle reëls word mos op die oudstes en eerstes uitgetoets en vervolmaak. Wanneer al die ander kids volg het jy al helfte van jou baie reëls skoon vergeet! Nietemin vir my is die belangrikste reëls die ons reëls, reëls wat niks te doene het met moets en moenies nie. Wat jy mag doen of nie doen en wanneer en waar nie!

Dis die nie-geskrewe reëls, dis die harts-reëls!

Ons huis is meer  as net die fisiese adres, ons huis is die mense wat in die huis bly of dit hier of in die Noordpool is.  In  hierdie mense-huis, tussen ons is jy veilig, is jou gevoelens en menswees veilig. Hier tussen jou hartsmense kan jy jou batterye vollaai en net jouself wees. ‘n ‘You do you and I’ll do me’, motto. Continue reading “Ons Reëls.”

Plafon-vasslaan-gebede.

Weet julle wat doen ek vanoggend? Ek kook vleis van die Gemsbok bene af om pasteie te maak, harde werk. Maar weet jy wat is die lekker deeltjie? Die stoompot vat 2 ure om 4 pakkies vleis af te kook so ek sit ‘n spulletjie vleis in, en dan sit en skryf ek so tussen in (met my voorskootjie aan- tog te ge- domesticated) met die stoompot wat sy eie eentonige deuntjie op die stoof sing.

Soms raak die lewe bietjie erg nê, tye wat jy ver van God af voel. Tye wat dit kompleet voel of jou vroeë-wakker-lê gebede teen die plafon vasslaan en jou mooi netjies teen die voorkop tref. Voel jy soms so? Voel jy dalk presies op die oomblik so? So asof daar ‘n onsienbare, onoorkombare muur tussen jou en God ingeskuif het, ongenooid, ongevraag. Continue reading “Plafon-vasslaan-gebede.”