Met jou Kop in die Hemelwolkies.

Ek het ‘n klomp versies en aanhalings in die binnekant van my kruidenierskas. Ek dink as ek so besluitloos voor die kas staan oor wat ons vanaand gaan eet, dan het ek ten minste ietsie om te doen. Tussen al die aanhalings het ek ene neergeskryf wat ek tannie Joyce Meyer eendag oor die radio hoor sê het. Net nou die dag vang my oog die aanhaling: You are so heavenly minded that you’ve got no earthly use. Ek het gaan opsoek dis eintlik ‘n aanhaling van ene Oliver Wendell Holmes Sr.

So loop ek nou al vir paar dae met die aanhaling in my kop en kou en herkou so bietjie aan die woorde. Ek het ‘Heavenly Minded’ gaan opsoek en dit sê die volgende: In Christian Spirituality to be heavenly minded means to attempt to create, via behavior, character and right treatment of others, the spiritual atmosphere of heaven on earth. Gits en toe weet ek nou skielik nie of dit ‘n goeie of slegte ding is nie. Continue reading “Met jou Kop in die Hemelwolkies.”

Die Fluistering in die Windstilte.

Donderdae oggende is my jaag oggende. Nee ek weet nou nie presies hoekom nie, maar dit voel meestal soos ‘n: op-jou-merke-gereed-gaan, dag. So is daar nie tyd vir wonder wat om aan te trek nie, mits ek die girls met ‘n nat kop en sonder grimering (wat jy nooit sal sien nie!) wil gaan aflaai nie.

So ek gryp toe vanoggend eerste die Wees stil tekkies- want ek maak mos hoeka reg vir ‘n gehollery! Ek het die tekkies by ‘n vriendin gekoop en laat druk, om my deurentyd te herinner dat ek moet leer om stil te wees en te vertrou. Dat waar my voete gaan, met of sonder die Wees stil tekkies aan, daar is God. Langs my. In my. Om my. Agter my. Bo my. Onder my… oral…En net daar in die besig, gryp-en-gaan oomblik praat God met my. Continue reading “Die Fluistering in die Windstilte.”

Hoe Eet jy ‘n Olifant?

Nou wie eet nou ook ‘n olifant… sies man. Ja nee ek stem saam! Dis ‘n retoriese vraag. Ek het vir ousus gevra hoe mens ‘n olifant eet en sy het my aangekyk asof ek al my varke verloor het, die kluts skoon kwyt is… toe antwoord sy ewe versigtig… “met moeite en selfvertroue?” Nee, dis nie die antwoord nie sussie, jy eet ‘n olifant happie vir happie…

Kan ek die olifant ‘n naam gee? Oorweldig. Dit is nie die beste beskrywende Afrikaanse woord nie, maar nietemin. Dis die gevoel van weet nie of ek moet vat of los nie. Weet nie of ek kom of gaan nie. Wat moet ek eerste en wat kan bietjie wag. Bietjie vorentoe, bietjie agtertoe, maar niks word eintlik gedoen nie. Die gevoel tref ons almal een of ander tyd vol in die gesig, soms kuier oorweldig lank soms is dit net ‘n vinnige inloer.

Ons as mammas, vrouens het soveel balle om in die lug op te hou en te balanseer, en glo nou maar vir my dis ‘n balanseer toertjie van formaat… en dan so nou en dan t.s.v die Olifant in die kamer, gooi ons nog ‘n bal in die lug op… gits so asof daar nie reeds genoeg balle in die lug is nie. Continue reading “Hoe Eet jy ‘n Olifant?”