In die Hemel…

Ek wonder soms oor die hemel. En jy? Het jy ook duisende onbeantwoorde vrae en “Ek wonders…”? Ek het vermoede teen die tyd dat ek en jy in die hemel arriveer gaan die antwoorde ook nie meer so belangrik wees nie!

Ek en kleinsus het die anderdag ‘n heel interessante gesprek gehad oor die hemel… sy het gesê as sy eendag in die hemel kom is sy bang dat sy altyd bekommerd sal voel oor die mense wat sy moes agterlaat… ek hoor heeltemal wat sy sê… ek dink miskien voel ons almal so bietjie so, maar dan sal dit mos nie hemel wees as ons die laste en bekommernisse van die aarde kan saamsleep nie?

Ek dink ons menslike denke sit God in ‘n boksie. En soos Paulus tereg in 1 Korintiërs sê: Nou kyk ons nog in ‘n dowwe spieël en sien ‘n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my te volle ken. Ek vermoed, wanneer ek en jy eendag in die hemel kom sal ons eers volkome die omvang van God se grootheid en glorie kan begin verstaan. Dan sal ons dalk genoeg insig hê om te verstaan hoekom ons nooit, nie eers hier op aarde, so bekommerd hoef te gewees het oor die mensies na aan ons hart nie. Continue reading “In die Hemel…”

Die Onontbeerlike Liefde.

1 Korintiërs 13 is by verre een van my gunsteling gedeeltes in die Bybel. Dit voel amper vir my of Paulus die karakter van Jesus beskryf van vers 4-7. Vir my is Liefde die deurlopende tema van die Bybel met Johannes 3:16 wat uitspring as die uiteindelike verklaring van liefde, God se liefde vir ‘n verlore en sondige wêreld. Die offer van liefde, die offer van Sy geliefde en enigste Seun.

Wanneer ek aan God se liefde vir my dink dan lyk dit so ietsie:
L~ Lieflik
I ~ Indrukwekkend
E~ Ewigdurend
F~ Fel
D~ Diep en deursigtig.
E~ Eerste liefde. (1 Joh. 4:19) Continue reading “Die Onontbeerlike Liefde.”

Ek sê maar net…

Jy mag nie loop en skinder nie, jy mag nie jou medemens se lewe in gevaar stel nie. Ek is die Here. (Lev. 19:16)

Skinder is ‘n gevaarlike besigheid… Daar is ‘n paar sinsnedes waarmee ek en jy liefs nooit ‘n gesprek moet begin nie. “Ek sê maar net…”, “Ek wil nou nie skinder nie…”, “Net tussen my en jou…”, “Moet vir niemand sê nie…”, “Het jy gehoor?”. Ons is almal skuldig en dis iets waaraan ‘n mens lekker hard moet werk. CJ Langenhoven het gesê: By die een oor in en by die ander mond uit.

Praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom. (Ef. 4:29)

Laat die aanhoorders van jou woord kan sien aan wie jy behoort. Laat jou woorde opbou, nooit afbreek nie. Laat jou woorde gebreekte harte help genees. Dis beter om ‘n hart sonder woorde te hê as woorde sonder ‘n hart. (John Bunyan) Continue reading “Ek sê maar net…”