Met Uitgestrekte Arms.

Ek kyk weer die ander dag bietjie die foto albums deur en kry ‘n kosbare foto van kleinsus wat hier tussen hemel en aarde in ‘n foto vasgevang is. Toe die girls baie kleiner was, het Jannie hulle altyd so lekker hoog in die lug op gegooi, dit was vir hulle vet pret, die armpies vol dimpels, uitgestrek in die lug, sorgvry. Oopbek skatterlaggies en mooi smeek-vra: “Nog, nog!” Hulle is nie eers vir ‘n oomblik bekommerd dat hulle pappa mis kan vang nie.

Ek loop so vir ‘n paar dae met die uit- en oopgestrekte arms-tema in my hart rond, en besef daar was ‘n Pa wat ‘n verlore seun met oopgestrekte arms tegemoet geloop het in die Bybel. Dag na dag het hy gewag, op die uitkyk vir sy verlore seun. Geduldig. Uitgestrekte arms vol verligting oor ‘n seun wat uiteindelik tuis is, arms wat sê: Ek vergewe jou!

Wat beteken oopgestrekte arms? Dit beteken maar net jy is welkom, jy is geliefd, jy is kosbaar genoeg om teen my hart vas te druk. Continue reading “Met Uitgestrekte Arms.”

Ek kloof steeds die see vir jou oop…

Moenie bang wees nie. Staan vas, kyk hoe Ek die Here jou vandag gaan red. Bly jy maar kalm, want Ek veg vir jou. (Eks. 14:13-14)

Ook jy sal op droeë grond deurgaan in die middel van jou storm.  (Eks. 14:16) Weet jy steeds nie mensekind? Vir mense is dit onmoontlik, maar vir My is alles moontlik. (Matt. 19:26) Ek is YAHWEH. (Gen. 1:26) Vir My moet jy prys, want Ek is jou God en Ek het al hierdie magtige wonderdade vir JOU gedoen. (Deut. 10:21)

Roep My aan, Ek sal jou antwoord en jou vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie. (Jer. 33:3) Wat Ek doen, is groot en ondeurgrondelik, wonder op wonder. (Job. 5:9) Ek is magtig om oneindig meer te doen as wat jy bid of dink. (Ef. 3:20) Continue reading “Ek kloof steeds die see vir jou oop…”

T E V R E D E . . .

Ek het bietjie in die HAT gaan loer wat die woord tevrede se verklaring is. Dit sê die volgende: Voldaan, nie meer begerende nie. Jy mag NIKS van iemand anders begeer nie. (Eks. 20:17) Meet jy tevredenheid aan wêreldse goed? Ai, want dan sal ek en jy nooit tevrede wees nie, en nooit ooit vrede vind nie.

Sien jy die vrede in tevrede? Wat is dit wat jy kort wat jou gelukkig gaan maak, gaan maak dat jy tevrede is, voor dat jy met opregtheid kan sê, die Here is my Herder ek kom NIKS kort nie, ek het alles en nog meer…en nog meer en meer as genoeg? Ek is tevrede, en ek het vrede.

Ek het so paar jaar gelede gaan inloer by ‘n tannie oorkant die straat wat geduldig gelê en wag het dat die Here haar moet kom haal … toe wonder ek vanoggend hoe kan mens nie tevrede wees en voel nie, hier aan die einde van die lewe wat is dit wat jou hart se begeerte is, wat is dit waarna jy dan smag. Nog dinge, nog goete wat nie vreugde, vrede of geluk kan verseker nie? Ek dink nie so nie… Continue reading “T E V R E D E . . .”