Angstigheid en Jesus.

Ek is altyd versigtig vir self-diagnoses… so ek ly nie aan angstigheid nie, maar soms, vir ‘n seisoen, of deur ‘n lewensstorm ervaar ons mos almal tog ‘n bietjie angs. Eintlik is dit meer angstige gedagtes waarmee ek en jy sukkel en oor struikel!

When my busy thoughts were out of control, the soothing comfort of your presence calmed me down and overwhelmed me with delight. (Ps. 94:19 TPT)

Ons besige gedagtes lei na ‘n oordinkery, ‘n heen en weer gedinkery. (Dis nou die bobbejane wat agter die berge gehaal word, almal van hulle, die hele familie. Kleintjies, oues, tieners… ALMAL. En natuurlik al die wat asse en sê nou maars…) en ‘overthinking’ lei na… jip jy het reg geraai… angs. Lekker bose kringlopie waarin ek en jy ons selwers bevind en mee besig hou.

As jy oor iets wil dink, oordink… bepeins die volgende… God is in beheer! Jou lewe is in Sy almagtige hande. Hy slaap nie, Hy sluimer nie. Hy ken jou op die naam, selfs die hare op jou kop is getel… met JOU is Hy welbekend! Continue reading “Angstigheid en Jesus.”

Die SkermSkelm.

Konneksie sonder wifi is moontlik! Dis die naam van ‘n taak wat ek en twee vriendinne (Erné en Desirèe) gedoen het, en dit was hope pret, maar sjoe dit was ‘n ‘eye opener’ soos die Engelsman sê. En luister ek is nie een van dáái ma’s wat die duiwel agter elke klip soek en hom agter elke bos wil uitskop nie, maar vir my is dit duidelik dat die vyand ons fone en veral sosiale media gebruik om ons kinders, maar veral ons tieners by te kom.

Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe. (Spreuke 4:23 [1953])

Ons fone is nie net ‘n handige instrument wat ons toevallig ALTYD saam met ons dra nie. Elke ping, elke sinnelose ‘scroll’, elke ‘like’, elke vibrasie, elke notifikasie is gemaak om jou brein te manipuleer… Die slimfoon is geskep met ‘n baie spesifieke doel! En selfs as jy nie wil kyk, wil optel, wil aandag gee nie, het jou brein geen ander keuse as om te reageer nie. Jou aandag word letterlik gesteel. Continue reading “Die SkermSkelm.”

‘n Nuwe Bril.

So I’m asking you, my friends, that you be joined together in perfect unity- with one heart, one passion, and united in one love. Walk together with one harmonious purpose and you will fill my heart with unbounded joy. (Phil. 2:3 TPT)

Vir ‘n hele rukkie al weet ek dis tyd vir ‘n nuwe bril, want op ‘n dag besef ek, ek sien net nie meer so helder en duidelik soos ek moet sien, om ordentlik te kan sien nie. So kry ek uiteindelik my nuwe bril… en hallelujah, ek kan sien-sien.

Ons is tans in die lewensfase van tieners en jong volwassenes, ek geniet elke oomblik terdeë… so besluit ousus, so rukkie terug, dis tyd vir ‘n skool reünie, dat almal net weer mekaar in die oë kan kyk, en net weer bietjie opvang, sommer hier by ons.

So lief soos ek vir al die jonge mense is, besluit ek en Manlief om bietjie te vlug vir ‘n stukkie van die aand. So ry ons na die restaurant waar ons bietjie wil opvang en wegkruip, ek met my splinternuwe bril op. Op pad soontoe, vee ek my bril so paar keer skoon, want dit voel so bietjie dof… dalk vuil? Dit pla nie te erg nie, want ek hoef nie te bestuur nie… Continue reading “‘n Nuwe Bril.”