Die Spreuke 31-Vrou se Geheim…

Opgedra aan my twee pragtige dogters.👑👑

Hande op… wie sal nie omgee om vergelyk te word met die Spreuke 31 vrou  nie? Sjoe, daar word darem mooi goete van haar en vir haar gesê! Maar ook terselftertyd voel mens al moeg, vir haar part hier by vers 17, en miskien kan mens dit nie verhelp dat die vergelyk-gogga sommer al vroeg-vroeg sy kop uitsteek nie… want regtig, wie kan ooit soos sy wees?

Miskien mis ons die punt? Miskien dra sy ‘n geheim in haar hart rond, wat sy eintlik vreeslik graag met my en jou wil deel? Ek het bietjie saam met haar gekuier, sommer in ‘n klomp vertalings… dis die moeite werd om bietjie by haar te sit en net te wonder, wat op aarde is haar geheim? Continue reading “Die Spreuke 31-Vrou se Geheim…”

Nader aan U, Verder van My!

Dis nogals ‘n kontras? Ek kan nie naby God se hart leef, en selfgesentreed ingestel wees nie. Nader aan God, verder van my…  lyk my lewensprentjie radikaal anders.

Die ek-sal-self mentaliteit om alles self uit te sorteer, om God net bietjie te vertrou, net soms op Sy knoppie te druk, gewoonlik as die paw-paw die waaier tref… en dan sit ons met paniek, angs en lewensmoegheid. Martha-bekommernis oor al die dingetjies waaroor ons geen beheer het nie. Miskien moet ek en jy anderkant onsself kom en die moeilike vraag vra: Hoe kan God my gebruik? Maar nog meer… hoe gewillig is ek om deur God gebruik te word?

En hoekom wonder ek soms is mense se goedkeuring vir ons tog so belangrik, maar ons is nie so ingestel op God se goedkeuring nie? Wanneer ons God se goedkeuring begin soek beweeg ons weg van ego en hoogmoed, dan raak ons fokus nederigheid, dankbaarheid, diensbaarheid, ‘n ware omgee vir die mensdom. Wanneer menslike opinies voorkeur geniet, bou ons juis ons identiteit en menswees op hierdie einste: “wat die mense van my sê en dink”!

Continue reading “Nader aan U, Verder van My!”

Die Taal van Weerloosheid.

Ek het bietjie gekou aan die tema van weerloosheid en hoekom ons skrikkerig is om weerloos te wees voor ander mense. Ek bedoel nie dat ek en jy moet weerloos wees voor elke Jan Rap en sy maat nie, want netnou raak hierdie ontbloting ammunisie in die hand van ‘n ander. Wat natuurlik maklik kan gebeur, ‘n weerloosheid wat omgeskakel word in ‘n: “Het jy gehoor?”

Ons hou daarvan om ons kaarte naby die bors te speel. Miskien is ons bang ander kom agter ons sukkel ook maar? Miskien het dit iets te doen met hierdie perfekte beeld wat ons graag na buite wil dra. Dat dit met ons goed gaan, altyd en in alle omstandighede. Continue reading “Die Taal van Weerloosheid.”