Al wat ek soek …

Van en uit ‘n huwelik is vrede, en vertroue en respek, betroubaarheid, ‘n bietjie geduld, samehorigheid, liefde, vreugde en genade. Vergifnis, sekerlik goeie kommunikasie, ‘n goeie dosis humor en lag en al daai lekker dinge…

As ons mooi gaan sit en dink, wat is die heel belangrikste deeltjie van ‘n gelukkige huwelik? Wat is die een komponent wat van ‘n goeie huwelik ‘n besonderse huwelik maak? Ek dink dit is emosionele veiligheid… en glo nou maar vir my, dis nie net die vrou wat emosioneel veilig wil voel nie, manne het ook nodig om emosioneel veilig te voel!

Veilig genoeg, sodat ek by hierdie beste maatjie van my net myself kan wees… en dat ek aanvaar word net soos ek is, met al my geite en grille, skerp kantjies en dingetjies. Om verstaan te word is die mooiste vorm van lief hê.

Diepe wedersydse respek en vriendskap is tog waarna jy smag, om mekaar so intiem te ken, dat julle mekaar se drome en begeertes ken, dat jy presies weet hoe lyk jou maat se hou vanne en hou niks vanne nie, en dan eintlik, eendag op ‘n reëndag te besef, wat vir hom belangrik is, MOET vir my belangrik wees… en miskien is dit nie jou belangstelling nie, maar dis jou maat, en dis belangrik. Dít is emosionele veiligheid!

So beteken dit dan dat ons oor alles moet saamstem? Nee, ons mag verskil, maar ons moet in liefde van mekaar verskil, ons moet op ‘n punt kom waar ons albei kan erken, ons verskil van mekaar, en ons gaan saamstem dat ons nie saamstem oor ‘n sekere saak nie.

Wanneer daar emosionele veiligheid in ons huwelik is die gevolg goedhartigheid. Goedhartigheid in ‘n huwelik is die gom wat julle huwelik mooi netjies aan mekaar kan hou… hoe lyk hierdie goedhartigheid? Timothy en Kathy Keller skryf in hul boek: The Meaning of Marriage die volgende:

But when the Bible speaks of love, it measures it primarily not by how much you want to receive but by how much you are willing to give yourself to someone. How much are you willing to lose for the sake of this person?

’n Goddelike huwelik is verbond,
gesmee nie net deur liefde nie,
Maar om daagliks,
van voor af mekaar te kies.

Twee harte wat mekaar regop hou
in ‘n woeste wêreld
‘n Vangnet as ek val,
‘n opgewonde toekyk as ek hoog vlieg

Dis lag in oorvloed,
trane sonder skaamte,
en vergifnis en genade wat
Oorvloediglik beskikbaar is.

Dis ONS teen die wêreld—
wanneer jy verloor, verloor ek, verloor ons
liefde kies om altyd
aan dieselfde kant te staan.

Hoe op aarde gaan ons dit regkry, hierdie eenheid, hierdie eenwees, hierdie verbond tussen ons en God? Ons leef die vrug van die Gees uit. (Gal 5:22) Ons raak Jesus vir mekaar.

Dan duik die vraag op iewers in hierdie diep nadink oor goeie huwelike teenoor ‘n besonderse huwelik… het ek met die regte persoon getrou?

It’s possible that you did marry the ‘wrong person’.
However, if you treat the ‘wrong person’ like the right person,
you could well end up having married the right person.
On the other hand, if you marry the ‘right person’,
and treat that person wrong,
you certainly will have ended up marrying the wrong person.
I also know that it is far more important to be the right person
than it is to marry the right person. (Zig Ziglar)

Ek het anders begin dink oor huwelike nadat ek hierdie stukkie gelees het, en jy moet dit ‘n paar keer deurlees om werklik die diepte en die waarheid daaragter te verstaan!

En miskien moet ons onsselwers afvra: hoe maklik is dit om met my getroud te wees, is dit lekker om met my getroud te wees? Watter deeltjie van jou wil jy bietjie sagter maak, nie ‘n persoonlikheids verandering nie, maar klein goedjies waaraan ons kan werk en bietjie kan aan skaaf… aan onsselwers, heel eerste… altyd onsself.

Die enigste persoon wat ons werklik kan verander is onsselwers. Is dit nie al ‘n goeie begin nie? Ek wil afsluit met ‘n besonderse stukkie in die Bybel, oorgeskryf deur Eugene H Peterson, (The Message, Ephesians 5:21-33)

Relationships.

21 Out of respect for Christ, be courteously reverent to one another.

22-24 Wives, understand and support your husbands in ways that show your support for Christ. The husband provides leadership to his wife the way Christ does to his church, not by domineering but by cherishing. So just as the church submits to Christ as he exercises such leadership, wives should likewise submit to their husbands.

25-28 Husbands, go all out in your love for your wives, exactly as Christ did for the church—a love marked by giving, not getting. Christ’s love makes the church whole. His words evoke her beauty. Everything he does and says is designed to bring the best out of her, dressing her in dazzling white silk, radiant with holiness. And that is how husbands ought to love their wives. They’re really doing themselves a favor—since they’re already “one” in marriage.

29-33 No one abuses his own body, does he? No, he feeds and pampers it. That’s how Christ treats us, the church, since we are part of his body. And this is why a man leaves father and mother and cherishes his wife. No longer two, they become “one flesh.” This is a huge mystery, and I don’t pretend to understand it all. What is clearest to me is the way Christ treats the church. And this provides a good picture of how each husband is to treat his wife, loving himself in loving her, and how each wife is to honor her husband.

Twee Mense wat emosioneel veilig voel bymekaar… is gelukkig getroud.

Liewe vriendin, ek bid vir jou…

Geseënd is dié wat die gawe het om vriende te maak, want dit is een van God se grootste geskenke. (Anoniem)

Liewe vriendin, ek bid vir jou, ek bid vir volkome genesing na liggaam, siel en gees te midde van ‘n onverwagte kanker diagnose, te midde van die feit dat die mat onder jou uitgepluk is en jy vervaard gryp na geloof, na Hom en hoop.

Ek bid vir jou vriendin, vir genade, die genoeg-genade waarvan Paulus praat. Die genade wat inskop wanneer jou krag min is, wanneer jy swak en verganklik voel.

Ek bid vir jou vir rus en herstel onder die vleuels van Vader, ek bid vir jou vir krag om jou kindertjies styf vas te hou, vir genoeg genade om elke minuut van elke uur van elke dag moed te hou.

Here, laat U hand van genesing rus op hierdie kosbare vriendin, mag die son van redding oor haar skyn, die son van redding met genesing in sy strale. (Mal. 4:2) Continue reading “Liewe vriendin, ek bid vir jou…”

MAAK NIE SAAK WAT NIE!

Jy weet wanneer mens jonk is, hier aan die einde van jou Hoërskool loopbaan dan roep die lewe, die moontlikhede lê oop voor jou. Jy sien so uit na hierdie nuwe fase van amper onafhanklik wording, van jou eie ding doen. Sjoe! Dit kan mos net lekker wees! En ook in dieselfde asem ‘n bietjie oorweldigend. Jy het vrek hard gewerk vir jou mooi punte en om in jou Universiteit van keuse in te kom. En hier iewers in jou agterkop is daar Hollywood flieks oor Uni, wat vassteek… wat al hierdie voorafopgestelde idees net verder versterk. Dit gaan ‘n fees wees!

Skielik bevind jy jou in hierdie volksvreemde wêreld, weg van die huis, ver van jou veiligheidsnet, en nou is en lyk die prentjie nie meer so rooskleurig nie. Jy twyfel bietjie in jouself, jy twyfel ewe skielik in hierdie rigting wat jy gekies het, en nou is jy nie meer so seker nie… alles normaal en deel van grootword.

Wanneer jou kinders begin klaarmaak met skool is daar ‘n paar eerstehandse lessies wat geleer moet word. Maak nie saak hoe jy jou bloedjies probeer voorberei nie, dis maar ‘n skok vir die sisteem en dit vat tyd en harde werk om aan te pas in die nuwigheid van onafhanklikheid en die vreemde nuwe wêreld van student wees. Die aanpassing is ook nie net vir die student, nee o krisis, dit vat aan ‘n ma se hart. Jy begin leef met die besef dat hierdie kosbaarheid wat jou kind is, buite jou bereik is, jy kan en moet bid. Dis al. Bly op jou knieë. MAAK NIE SAAK WAT NIE, want dis nou hulle tyd om te leer om op hulle eie voetjies te staan. Continue reading “MAAK NIE SAAK WAT NIE!”