Ek en Jannie het al ‘n ou-getroude roetine vir oggende. Hy staan 5:30 op en gaan maak tee want ek kan nie sonder tee in my lyf eers begin dink aan beweeg nie! Dan gaan die gesprek gewoonlik soos volg: Hy vra altyd wat ek gedroom het, my drome is altyd baie entertaining… gits ek droom glad in vervolg verhale. Ek vra nooit vir hom wat hy gedroom het nie, want of hy droom nie, of hy kan nie onthou nie. Who knows? Ek vra altyd of hy wakker gelê het deur die nag en so begin ons dag… so al geselsend.
Vanoggend selfde storie, maar sien ek lê al so vir 2 aande so stukkies wakker, bid-tye wakker. Gisteroggend het dit gevoel God skud my so 4:00 bietjie wakker met ‘n dringende-gevoel en ek bid. Ek bid hard vir ‘n vroutjie wat in Bloemfontein op ‘n ventilator veg vir haar lewe wat ek van geen kant af ken nie. Ek bid vir haar man wat ook Covid het wat kortasem is van siek wees en bekommernis en ek bid vir twee tiener dogters wat hulle sekerlik morsdood bekommer oor hulle ouers en ek worry lekker oor hierdie gesinnetjie wat ek van geen kant af ken nie.
En vanoggend vra manlief: is jy ‘n worrier of ‘n warrior, en ek skrik bietjie want kan mens altwee wees? Of is dit die een of die ander een? Vanoggend in die kar bid Kleinsus vir die tannie op die ventilator in Bloemfontein, toe sê sy ietsie wat my hart aangryp, gun wonder Hy is so lief vir die kindertjies nie! Kleinsus bid vir haar dat sy gesond sal word. Dat ons moet bid, gaan en glo. So maklik, so eenvoudig. Bid, aangaan met die lewe en glo dat God wat ook haar God is na haar sal omsien. Dat Sy wil vir haar lewe sal geskied.So oppad skool toe lees ousus vanoggend op die Bybel app ‘n stukkie van Tannie Joyce en dit sê: God has equipped us to handle life as it comes, which is why He tells us to only focus on today. He knows that if we spend time worrying about issues beyond our control, we will become tired and frustrated. You don’t need to waste time trying to change and control things outside your power. Set your mind to what God has placed in front of you and let Him take care of the rest.
Om bekommerd te wees is ‘n sinnelose oefening… en nou preek ek meer vir myself as enige een van julle. Bekommernis volg in die voetspore van ongeloof. Bekommernis volg wanneer ongeloof jou inhardloop en sy koue vingers om jou warm menshart slaan.
So of jy ‘n worrier of ‘n warrior gaan wees vandag, in hierdie oomblik is ‘n keuse wat net jy kan maak. Dis dalk ‘n keuse wat jy ‘n paar keer deur die dag sal moet maak. ‘n Keuse om bewustelik nie te bekommer nie, maar om jou sorge en bekommerd wees voor die voete van Jesus neer te sit, want prys die EEN wat namens my en jou baklei. Om te bid en dan in geloof alles, ons versoeke en bekommerd geite na Vader se kant toe te skuif wat my en jou gees en siel beskerm en omvou met Sy Goddelike goedheid en guns.
Dankie tog dat ek en jy die troonkamer van God kan binnestorm met ‘n hart vol bekommernis. Dat ons kan neersak op ons se knietjies en pleit en bid en intree vir iemand anders. As’t ware in die gaping kan staan namens ‘n sussie wat veg vir haar lewe! Die mooiste Goddelikste oomblik is wanneer die arms van majesteit van ons God om jou lyf vou en jy weet dat die God van die heelal gearriveer het en jou opraap in Sy sterk arms! Dat Hy elke gebed, versugting, traan opvang en stoor in Sy troonkamer. Dat Hy hoor en verstaan, maar ook dat Sy wil sal geskied, en nie my of jou wil nie. Wat ‘n wonderlike, getroue vriend het ek en jy in Jesus?
My liewe Warrior-vriendin in Jesus, mag God jou seën en jou beskerm, Mag Hy bekommernis uit jou hart verban en jou elke dag genadig wees, Mag die God van die heelal jou omvou in Sy liefde en jou intree-gebede verhoor.
https://youtu.be/mq59iE3MhXM
Dankie!!
Dankie Here baie dankie.