
Kyk, Ek kom op die see na jou toe aangeloop. Moenie skrik nie! Wees gerus, dit is Ek. Moenie bang wees nie. Kom! Klim uit die skuit uit. (Matt. 14:22-29) Die Gees wat Ek jou gegee het, maak jou immers nie lafhartig nie, maar vul jou met krag en liefde en selfbeheersing. (2 Tim. 1:7)
As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie. (Jes. 43:2) Het Ek jou nie op jou naam geroep nie? Jy is dan Myne! (Jes. 43:1)
Verbly jou in My teenwoordigheid. (Ps. 17:15) Ek sal self saam met jou gaan en vir jou vrede gee. (Eks. 33:14) Ek is by jou oral waar jy gaan. (Jos. 1:9) Glo in My! (Joh. 14:1) Ek gaan jou vooruit. Ek is by jou. Ek sal jou nooit in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie. (Deut. 31:8)
Moenie jou oog rig op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare. Die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig, (2 Kor. 4:18) want jy lewe deur geloof, nie deur sien nie. (2 Kor. 5:7)
Hou jou oё gevestig op My, die Begin en die Voleinder van die geloof (Heb. 12:2). Geseёnd is jy, My kind, wat rein van hart is, want jy sal My sien. (Matt. 5:8) Ek het My oё oral op die aarde, (2 Kron. 16:9) Ek sien oral. Ek sien die slegte en die goeie mense. (Spr. 15:3)
Ek is die Here, jou God, My woorde sal bewaarheid word. (2 Sam. 7:28) Laat Ek, die bron van hoop, jou deur geloof met alle vreugde en vrede vervul. (Rom. 15:13) Staan vas in die geloof. (1 Kor. 16:13)
Vertrou volkome op my en moenie op jou eie insigte staatmaak nie, ken My in alles wat jy doen, en onthou altyd: (Spr. 3:5) My arm is nie te kort om jou te help nie, My oor is nie te doof om te hoor nie. (Jes. 59:1) Ek sit My arms om jou! Ek hou jou styf vas. (Mark. 10:16)
Van bo af het Ek my hand uitgestrek en jou gegryp. (2 Sam. 22:17) Ek sorg vir jou kosbare kind. (Ps. 36:7) Daar is geen einde aan My liefde vir jou nie. (Ps. 136:26)

Dankie Martha. Dit beteken so baie vir my.
Vertrou volkome op my en moenie op jou eie insigte staatmaak nie, ken My in alles wat jy doen, en onthou altyd: (Spr. 3:5) My arm is nie te kort om jou te help nie, My oor is nie te doof om te hoor nie. (Jes. 59:1) Ek sit My arms om jou! Ek hou jou styf vas. (Mark. 10:16)
Amen 🙏 ❤️❤️🙏🙏