
Al sou die vyeboom nie bot nie, en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk, en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees NOGTANS sal ek in die HERE jubel, sal ek juig in God my Redder. Die HERE, my God, gee vir my krag. Hy maak my voete soos dié van ‘n ribbok, op hoë plekk laat Hy my veilig loop. (Hab. 3:17-10)
Wat beteken ‘n nogtans geloof? Dit beteken ek kies volharding, geloof ten spyte van swaarkry, twyfel of teenspoed. Nogtans- ‘n keuse wat gemaak moet word. ‘n Onwankelbare vertroue in die God van Abraham, Isak en Jakob, selfs as die sigbare uitkoms nie daar is nie, wanneer jy vasgevang voel in ‘n situasie, wanneer jy opgeskeep is met eensaamheid. Met hopeloosheid en moedeloosheid as jou enigste metgeselle, wanneer selfs die liggie aan die einde van jou pikdonker tonnel moed opgegee het en aanbeweeg het.
God kan groot goete doen met klein bietjie opregte geloof. Onthou God is Almagtig, Groot en Heilig. ‘n Klein mosterdsaadjie-geloof kan berge versit- so as jy te midde van jou lewensstorm net ‘n klein bietjie geloof voor God se voete kan neersit… doen dit dan. En God sal jou geloof vermeerder as jy Hom vra.
Ek weet nie waar jy is in hierdie lewe nie my liewe vriendin, miskien beweeg jy deur ‘n dal van doodskaduwee? Of jy bevind jou voor ‘n berg van onsekerheid, gaan ek links, of gaan ek regs? Dalk het jy iets kosbaars verloor, verliese groot genoeg om jou asem weg te slaan… miskien bevind jy jou in ‘n nuwe ‘normaal’, maar niks voel reg of bekend nie. Vriendin vir jou bid ek ‘n ekstra dosis nogtans-geloof toe.
Weet jy wanneer groei hierdie klein saadjies van geloof wat ek en jy saai? Wanneer ons leer om Hom, wat ons liefhet, te prys binne die storm, daar waar dit ongemaklik is, daar waar dit seer is. God is vir my en jou ‘n skuilplek en ‘n bron van krag; as hulp in benoudheid is Hy altyd te vinde. (Ps. 46:2)
Liewe kind van die Allerhoogste, hoor as Hy vandag in jou hart kom fluister:
Ek is jou ewige rots (Jes. 26:4), en al moes jy vir ‘n kort tydjie ly sal EK jou herstel, bemagtig, versterk en stewig vestig. (1 Pet. 5:10) Onthou my liefste kind, die hoop beskaam nie, want My liefde is in in jou hart uitgestort, deur die Heilige Gees wat aan jou gegee is. (Rom. 5:5) Roep My aan in jou tyd van nood; Ek sal jou red, en jy sal My eer. (Ps. 50:15) Ek is naby almal wat My aanroep, almal wat My in waarheid aanroep. (Ps. 145:18) … en in die woestyn…onthou jy? Daar het jy gesien dat EK, die HERE jou God jou die hele pad wat jy gekom het tot op hierdie plek gedra het, soos ‘n man sy seuntjie dra. (Deut. 1:31)
Vriendin, miskien voel jy vandag so bietjie soos Habakuk, miskien selfs ‘n bietjie soos Job. Asof jy net te veel verloor het, goete, dinge, maar ook ‘n stukkie van jouself, miskien selfs ‘n bietjie van jou glo. Dan bid ek vir jou vir ‘n ekstra porsie nogtans-geloof uit die skatkamers van die hemel en ek bid dat jy die HERE altyd voor oë sal hou, omdat Hy aan jou regterkant is, sal jy nie struikel nie. (Ps. 16:8)
Nogtans God.
Ek lê my mosterdsaadjie neer
Vat my bietjie en maak dit meer
Verander dit in ‘n nogtans geloof
Waar ek wil glo, al kort my loofHere, want soms is die lewe onbegryplik
Vol pyn en seer en ongemaklik
In die midde van my storm
Voel ek hoe U my siel van voor af vormNogtans God
Wil ek soos Habakuk bely,
Al het ek niks meer oor nie
Is U genoegNogtans God
Is U krag in my
Voel ek my veilig,
wanneer ek my hart in U verbly.Maar U, HERE,
is vir my ‘n skild aan alle kante;
U is my eer,
en die Een
wat my kop hoog hou. (Ps. 3:4)
Ek los jou vandag met die stukkie uit Habakkuk 3:17-19 uit: The Everyday Life Bible (Amplified) van Joyce Meyer.
Though the fig tree does not blossom
And there is no fruit on the vines,
Though the yield of the olive fails
And the fields produce no food,
Though the flock is cut off from the fold
And there are no cattle in the stalls,
Yet I will [choose to] shout in exultation in the
[victorious] God of my salvation!
The Lord God is my strength
[my source of courage, my invincible army];
He has made my feet [steady and sure] like hinds’ feet
And makes me walk [forward with spiritual confidence]
On my high places [of challenge and responsibility].

Dankie dierbare Martha. My hoop is absoluut in HOM.
Dankie Here dat U altyd daar is vir my. Ek sal volhard. Here soms is dinge moeilik maar U is altyd daar. Amen 🙏