
Ek is altyd versigtig vir self-diagnoses… so ek ly nie aan angstigheid nie, maar soms, vir ‘n seisoen, of deur ‘n lewensstorm ervaar ons mos almal tog ‘n bietjie angs. Eintlik is dit meer angstige gedagtes waarmee ek en jy sukkel en oor struikel!
When my busy thoughts were out of control, the soothing comfort of your presence calmed me down and overwhelmed me with delight. (Ps. 94:19 TPT)
Ons besige gedagtes lei na ‘n oordinkery, ‘n heen en weer gedinkery. (Dis nou die bobbejane wat agter die berge gehaal word, almal van hulle, die hele familie. Kleintjies, oues, tieners… ALMAL. En natuurlik al die wat asse en sê nou maars…) en ‘overthinking’ lei na… jip jy het reg geraai… angs. Lekker bose kringlopie waarin ek en jy ons selwers bevind en mee besig hou.
As jy oor iets wil dink, oordink… bepeins die volgende… God is in beheer! Jou lewe is in Sy almagtige hande. Hy slaap nie, Hy sluimer nie. Hy ken jou op die naam, selfs die hare op jou kop is getel… met JOU is Hy welbekend!
Ek bedoel angs kan handig te pas kom tydens ‘n veg en vlug situasie nê? Dis net nie so heeltemal handig met alledaagse lewe nie. En miskien noem jy dit iets anders? Miskien noem jy dit bekommernis, of vrees, of bang?
Ek loop al met ‘n paar weke met die hele angs tema in my kop en ek sal jou sê hoekom… want wanneer ek enige van die bogenoemde emosies ervaar kom daar tog ‘n stukkie skuldgevoel daarmee saam… want is ‘n kind van die Here veronderstel om angstig te voel, bang te voel, bekommerd te voel? Is my en jou geloof nie groot genoeg nie? Vertrou ons nie hard genoeg in die goedheid van God nie? Wat is dan nou eintlik die probleem?
Die probleem is selde genoeg geloof of te min vertroue, baie keer is dit vorige traumas en ongemak wat in ons lywe kom bly, soms as ‘n vae herinnering, soms as ‘n helder onthou. En jou liggaam sal reageer, so eintlik wat ek en jy nodig het is vir HOM! En ‘n paar ekstra tools om te hanteer, te verminder, te versag het niemand nog ooit skade gedoen nie.
Het jy geweet die angs-gogga het ‘n stem? Hy sal jou oortuig dat jy nie goed genoeg is nie, dat jy nie geliefd is nie, dat jy dit nie kan doen nie, watookal dit is! Vriendin, en ek en jy kan kies om nie vir sy stem te luister nie, want ons weet mos wie sinne ons is. Behoort ons nie aan HOM wat ons gemaak het nie?
‘n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees. Ek glo dit met my hele hart, as ek angstig begin voel, oefen ek meer, want die voordele van die endorfiene is veel meer as die seer spiere. En luister as jy nie hou van oefen nie, dis okay, maar gaan stap dan, doen strek oefeninge, jy hoef nie ‘n marathon te gaan hardloop nie. Kom bietjie uit tussen bome en groen blare. Gaan soek jou Waters waar daar rus is, al bly jy midde in die stad!
As angs aan my voordeur klop dan pluk ek my versies uit wat ek op my hart geskryf het, en ek herinner net bietjie weer vir Angs wie HY is! Ek spandeer ook meer tyd onder die vleuels van die Almagtige. Soms gaan sit ek net in Sy teenwoordigheid tot my hart bedaar en ek die VREDE vol insypel tot in die donkerste hoekie van my hart.
Weet jy wat vriendin, en as jy op die punt kom wat jy voel, ek kan nie meer nie, die angs is besig om te wen, dit steel my vreugde, vrede ken ek nie meer nie, gaan sien iemand… daar is soveel wonderlike Christelike Beraders wat kan help, want weet jy wat, Angs ken nie genade met self nie, Angs verwag dat alles moet perfek wees, dat jy moet perfek wees… Angs kan ook irriterend-aanhoudend wees… hy is ‘n negatiewe mannetjie wat gun niks silwerrandjies om witwolkies raaksien nie.
En soms moet ek en jy ‘n treetjie terug gee en ‘n nuwe, vars perspektief kry oor ‘n saak of ‘n situasie. Ons perspektief en veral ons oë moet gevestig wees op Jesus, diep moet ek en jy in Sy liefdevolle oë staar terwyl ons dit uit die boot waag, terwyl ek en jy op die water loop, hand aan hand saam met HOM!
En so met die hele angs tema op my hart, dink ek kliphard aan voorbeelde van mense in die Bybel wat angstig gevoel het…
Jesus sê vir Sy goeie vriendin, Martha: “Martha, Martha, jy is besorg en verontrus oor baie dinge…” Hy raas nie met haar nie, Hy wys haar net op die waarheid. Hy vra nie waar is jou geloof nie, waar is jou vertroue nie?
Job was angstig en depressief nadat Hy letterlik alles verloor het, niemand kan Job blameer vir sy eg menslike gevoelens nie. Job vergeet te midde van alles nie wie God vir hom is nie!
Dan was daar Jona in die grote vis en Koning Dawid, ‘n man na God se hart wat met angstigheid gesukkel het… en Elia wat lus het om sy eie lewe te neem, en Moses wat moeg gesukkel is met ‘n weerbarstige volk, met ‘n klomp laste op sy skouers…
Maar die mooiste voorbeeld in die Woord, Jesus self…
“Vader, as U wil, neem tog hierdie lydensbeker van My af weg. Laat nogtans nie my wil nie, maar U wil geskied!” ‘n Engel uit die hemel het aan Hom verskyn en Hom versterk. Hy het in doodsangs geraak en het nog ernstiger gebid. Sy sweet het soos bloeddruppels geword wat op die grond val… (Luk. 22:42-44)
Vriendin, presies hoe angstig moet mens wees vir jou sweet om in bloed te verander? Jesus verstaan baie beter as wat ek en jy besef van angstigheid en vrees. En miskien wil Hy net vanoggend weer vir jou en my sê: Do not be anxious or worried about anything, but in everything [every circumstance and situation]by prayer and petition with thanksgiving, continue to make your [specific] requests known to God. And the peace of God [that peace which reassures the heart that peace] which transcends all understanding [that peace which] stand guard over your hearts and your minds in Christ Jesus [is yours]. (Phil. 4:6-7 [AMP])
Wanneer ons angstig is, bang is, bekommerd is… ervaar ons soms dat God ver is en nog verder voel… maar eintlik is die teendeel waar. Hoe vinniger my en jou hart klop, hoe nader trek God ons aan Sy eie Pappa-hart. En soms wanneer dit te erg raak, tel Hy ons eenvoudig op, en dra ons naby Sy hart. Die God van die voortyd is ‘n skuilplek, en onder jou is ewige arms. (Deut. 33:27 [2020])

Baie Dankie
So bly jy het die Blog raakgelees! Mag Vader jou seën met goedheid en guns.
Amen 🙏. GOD IS IN BEHEER.
Amen en Amen! Kom ons wys vir “Angs” wie ons Almagtige Vader is!
Goeie middag
Dus net God. Hy weet net hoe en Hy weet net wanneer.
Baie dankie vir u blok ek het dit nodig vandag soos nooit tevore.
Liefste Sonay, hoe getrou is die GOD wat ek en jy dien!!
Baie dankie dit laat my net weer onthou GOD IS IN BEHEER. Wees stil en wag op die Here
Ek loop vanoggend met die gedagte: Ek doen wat ek kan doen, en dit wat ek nie kan doen nie, doen God, want Hy is in beheer nie ekke nie!
Ek moet net onthou dat God in beheer is, nie ek nie. Ek moet net oorgee aan Hom.
Dankie
Sjoe Maria, maar soms in ons menslikheid is dit die moeilik deeltjie… miskien moet ek en jy elke oggend van voor af onthou wie HY is, en dat Hy nog altyd in beheer is en dat niks verander het nie. Hy is wie HY is…🌼