
So I’m asking you, my friends, that you be joined together in perfect unity- with one heart, one passion, and united in one love. Walk together with one harmonious purpose and you will fill my heart with unbounded joy. (Phil. 2:3 TPT)
Vir ‘n hele rukkie al weet ek dis tyd vir ‘n nuwe bril, want op ‘n dag besef ek, ek sien net nie meer so helder en duidelik soos ek moet sien, om ordentlik te kan sien nie. So kry ek uiteindelik my nuwe bril… en hallelujah, ek kan sien-sien.
Ons is tans in die lewensfase van tieners en jong volwassenes, ek geniet elke oomblik terdeë… so besluit ousus, so rukkie terug, dis tyd vir ‘n skool reünie, dat almal net weer mekaar in die oë kan kyk, en net weer bietjie opvang, sommer hier by ons.
So lief soos ek vir al die jonge mense is, besluit ek en Manlief om bietjie te vlug vir ‘n stukkie van die aand. So ry ons na die restaurant waar ons bietjie wil opvang en wegkruip, ek met my splinternuwe bril op. Op pad soontoe, vee ek my bril so paar keer skoon, want dit voel so bietjie dof… dalk vuil? Dit pla nie te erg nie, want ek hoef nie te bestuur nie…
Toe ek by die restaurant die menu bestudeer, toe weet ek hier is groot fout… of met die nuwe multi-fokale bril, my brein of my oë? Skielik kan ek glad nie die menu lees nie, alles is dowwerig en swemmerig. Ai, dit beteken nou seker ek moet teruggaan na die oogkundige. Ek haal die bril moedeloos af, en kom met ‘n skok agter ek het eintlik manlief se bril op. Die rede hoekom ek niks kon sien nie? Ek kan nie ver sien nie, hy kan nie naby sien nie. Eintlik maak dit ons mos nou ‘n gedugte span, want saam kan ons perfek sien.
En net daar leer God my ‘n kosbare lessie, oor deur watter brille ons kyk na ander mense en Hy herinner my aan die versie oor hoe God na ons kyk, God kyk nie na die uiterlike nie, maar Hy stel die meeste belang in my en jou harte. Hoe lyk ons harte dan vir God? Die mens kyk na wat Hy sien, maar die HERE kyk na die hart. (1 Sam. 16:7 [2020]) Is dit wat God in my en jou hart sien vir Hom goed? Is dit vir Hom mooi?
En voor ons enige bril opsit om mense te bekyk, moet ons seker maak dat ons die vrede van God in ons harte saamdra, dan is dit makliker om die versie te gehoorsaam… leef in vrede met mekaar. (Ef. 4:3) So, kom ons streef dan na die dinge wat die onderlinge vrede en mekaar se opbou bevorder. (Rom. 14:19 [2020])
Ek en jy moet altyd onthou dat ons ALMAL geskape is volgens die beeld van God. (Gen. 1:27 [2020]) Ons ALMAL is SY kinders, ons moet nie ons brilletjie van hoogmoed opsit en so bolangs na die mensies om ons loer nie! Hoog heilig en perfek nie!
Soms het ons geen ander keuse om deur ‘n bril van verdraagsaamheid na ander te kyk nie, met ‘n titseltjie geduld bygevoeg… Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde. Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar. (Ef. 4:2,32) Daarom, omdat julle God se uitverkore heiliges en geliefdes is, beklee julleself met innige meelewing, goedheid, nederigheid, sagmoedigheid en geduld. (Kol. 3:12 [2020])
Wanneer ons na mense staar sonder ‘n bril van vergifnis, is dit makliker dat die veroordeel monster sy kop uitsteek. Vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het. (Ef. 4:32) Moenie oordeel nie, sodat oor julle nie geoordeel word nie. (Matt. 7:1) Laat ons mekaar dan nie meer veroordeel nie. (Rom. 14:13) Die Bybel leer ons om met wysheid en genade te oordeel, maar nie met selfregverdige veroordeling nie. Ons is nie die finale regters van ander se harte nie — daardie rol behoort aan God alleen.
As daar een bril is waardeur God wil hê ons moet ALTYD kyk, is dit die bril van liefde: Hoe lyk hierdie liefdevolle bril waardeur ons na ander kyk? The Passion Translation sê dit so mooi!
Love is large and incredibly patient.
Love is gentle and consistently kind to all.
It refuses to be jealous when blessings come to someone else.
Love does not brag about one’s achievements nor inflate is own importance.
Love does not traffic in shame and disrespect,
nor selfishly seek its own honour.
Love is not easily irritated or quick to take offense.
Love is a safe place of shelter, for it never stops believing the best for others.
Love never takes failure as defeat, for it never gives up. (1 Cor. 13:4-7 [TPT])
Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ook óns mekaar lief te hê. (1 Joh. 4:11 [2020]) ons moet mekaar innig liefhê… (1 Pet. 4:8) Ons moet Jesus se liefdes-gebod nie gering ag nie, dis nie ‘n voorstel nie, dis ‘n opdrag uit die hart van God: Dit is MY gebod: Jule moet mekaar liefhê, net soos Ek julle liefgehad het. (Joh. 15:12 [2020])
Jesus kyk na my en jou met oë vol liefde en genade. Sy hart vir my en jou word diep geroer met medelye… When He saw the vast crowds of people, Jesus’ heart was deeply moved with compassion, because they seemed weary and helpless, like wandering sheep without a shepherd. (Matt. 9:16 [TPT]) As ons soos Jesus wil lyk, en soos Jesus wil optree, moet ons harte nie ook so lyk nie?
As ek en jy vir die nuwe bril waardeur ons na mense loer ‘n naam kan gee, miskien ‘n vers daaraan kan koppel. Wat sal dit wees? Ek dink Miga 6:8 is die mooiste beskrywing vir hierdie nuwe bril van ons. Hy het aan jou, mens, bekend gemaak wat goed is: Wat anders eis die HERE van jou as om net te doen wat reg is, om troue liefde te bewys en om nederig die pad saam met jou God te loop?
Ten slotte: Wees almal eengesind, meelewend, vol broederliefde, vol ontferming, nederig, mense wat nie kwaad met kwaad vergeld of skeldtaal met skeldtaal nie; maar inteendeel, wees mense wat seën, omdat julle daartoe geroep is, sodat julle seën as erfdeel kan verkry. (1 Pet. 3:8)

Dankie vir hierdie diep mooi boodskap Martha. Jou boodskappe dra my elke dag. Die Here het my so gesëen met jou in my lewe. Xx❤️❤️🙏🙏
Liefste Lien, dankie vir jou mooie woorde!