Hoe lieflik is op die berge die voete van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede laat hoor, wat goeie tyding bring, wat verlossing uitroep; wat aan Sion sê: Jou God is Koning! (Jes. 52:7 1953)
Ek en kleinsus ry die ander oggend skool toe, dis dieselfde tyd wat ek begin dink het die winter is verby… toe nie. . Nietemin op pad skool toe aanskou ons ‘n sonsopkoms, maar een vir die boeke… een van daardie soel, mooi oggende met kleure getooi wat jy sukkel om in woorde te beskryf.
Kleinsus, wat hou van teken en kuns merk tereg op, dis net God wat dit kan regkry om dit so mooi, perfek te laat lyk. En ek weet, ek het al male sonder tal probeer om die perfekte foto te neem van ‘n sonsopkoms, jy kan maar stel aan jou slim kameratjie tot jy blou is in die gesig, dis net duskant onmoontlik. Dis ‘n God-ding.
God se kreatiwiteit is eindeloos. Hy neem nooit Sy toevlug tot massaproduksiekopieë nie. Dis of Hy nooit moeg word om nuut te skep nie; inteendeel, Hy bly nougeset voldoen aan die streng eise wat kreatiwiteit aan Hom stel. Elke lewe is ‘n vars skilderdoek waarop Hy lyne en kleure, lig en skaduwees, teksture en verhoudings gebruik wat Hy nog nooit voorheen gebruik het nie. (Eugene H. Peterson)
Betowerende kleure, stiltes vasgevang in die pienk skakerings met die son wat lui-weg die nuwe dag aankondig. ‘n Sonsopkoms wat spreek van HOOP, VREDE, KALMTE… maar iewers in die Sonsopkoms is daar ook ‘n stukkie wonder vasgevang, tussen die strale vars perspektief… want die EEN wat die aarde gevorm en geskep het, wat elke dag aankondig met ‘n skoonheid en prag wat menslike verstand skoon te bowe gaan, is die groot Kunstenaar… en Hý is MOOI!
Net so entjie verder in die pad af begin die liedjie You’re beautiful speel van The Worship initiative, Shane & Shane:
I see your face in every sunrise,
The colors of the morning
are inside your eyes
The world awakens
in the Light of the day
I look up to the sky and say
You’re Beautiful.
The mighty One, God, the Lord, has spoken, and summoned the earth from the rising of the sun to its setting [from east to west]. Out of Zion, the perfection of beauty, God has shone forth. (Ps, 50:1-2 ESV)
Wanneer ek na die wêreld om my kyk, die dorheid van die Tankwa Karoo, die verlatenheid van Namibië se duine, die uitgestrekte strande van die Suid-Kaap, die groen golwende heuwels van die Oos-Kaap, die stowwerige vlaktes van die Vrystaat, die gekleurde piepklein voëltjies van die Bosveld… alles die bewys van ‘n God wat mooi waardeer wat mooi en volmaak is.
Alles wat God geskape en gemaak het is mooi, goed en reg… perfek. Is God vir jou ook MOOI liewe vriendin? Van Sy oë wat sag en stil, vol liefde na jou staar, Sy arms wat jou omsirkel wat sterk en beskermend is. Hoor jy Sy lieflike stem eggo diep in jou gees, ‘n stem vol liefde, genade, verstaan?
Die Skepping sug in verwondering, dieselfde skepping weerkaats Sy volmaaktheid. Hoe kan ons anders as om Sy handewerk te bewonder? Hoe kan ons anders om te glo? Hoe kan ons anders as om uit te roep, Heilig, Heilig, Heilig is U, majestieus, waardig, pragtig, my Koning en my God.
Hoe MOOI is U vir my! Die Bron en Skepper
van alles wat goed en mooi is.
In elke pasgebore baba se oë is ‘n stukkie van U Godheid en skoonheid vasgevang. In elke vuil kleuter se gesiggie ‘n stukkie van God se mooiheid uitgebeeld. My hart loop oor van verwondering oor U…Kan jy God sien in elke oomblik, moment van jou lewe? Hy wat die middelpunt is van alles…
Een ding het ek van die Here begeer, dit sal ek soek: dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die Here, om die lieflikheid van die Here te aanskou en te ondersoek in sy tempel. (Ps. 27:4 1953)
En God wat mooi is en goed is en lief is vir my en vir jou fluister: Jy is na my beeld geskape, hoe mooi is jy vir My!
Listen, My dearest darling, you are so beautiful- you are beauty itself to Me! Your eyes are like gentle doves behind your veil. What devotion I see each time I gaze upon you. (Song of Songs 4:1)
Jy het dit so pragtig beskryf dat dit die mooiste beelde in my geestesoog opgeroep het!
So Beautiful!!!!
Dankie M
Martha jy my nou so geseën..
VADER met my so besig oor Wie ek is?
Ek is beautiful vir HOM!!!
Liefde
Taxx