Waar’s die Son?

Hier waar ek sit en skryf is my neus en my vingers yskoud, die wind waai en die son… nowhere to be find.

Die afgelope tyd het die Kaap van Storms sy naam gestand gedoen. Die son het geskitter in sy afwesigheid, na 7 dae het ek son-ontrekking begin kry. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek hou baie van die reën, en die donderweer, en ‘n warm kaggel en ‘n beker stomende koffie. En ‘n reënboog, en die reuk van reën deurweekte aarde. (Net my wasgoed is nie so mal oor al die reën nie, dit gee soms ‘n gesukkel af.) Wie het nou ooit kon dink dat ‘n groot bal vuur so groot impak kan hê op ons emosies en op die lewe self?

Tien jaar terug toe ons die groot trek oor die berge aangepak het Kaap se kant toe, was ek baie bekommerd dat die aanmekaar reën my emosies gaan onder kry… toe nie. Dit raak toe amper my gunsteling seisoen…

Ons was vir twee weke in Namibië die afgelope wintervakansie, sjoe wat ‘n groot bederf in die midde van winter hier, sonskyn en hitte daai kant te kon ervaar! Miskien is dit die rede hoekom ek son-ontrekking het?

Nietemin manlief het gaan jag nou die dag, in die koue Noord Kaap, maar in die sonskyn. Met die terugkom slag vra ek vir hom: “As jy die son langs die pad raakloop, bring vir my ‘n straaltjie huis toe…” Ek het darem ‘n foto van ‘n sonstraaltjie gekry.

Vriendin en met my verlang na die son en sy straaltjies besef ek soms wanneer dit ‘donker’ met ons gaan en wanneer dit bietjie donker om ons voel, verlang ons ook na die Son, maar ons weet dit nie eers nie. Ons besef nie eers dit is na Wie ons smag nie, na die Een wat die Son geskep het nie…

Vir my verteenwoordig die son God se teenwoordigheid, glorie en standvastigheid. Feit: die son kom elke môre op, of ons die son sien of nie, maak dit nie minder waar nie.

It’s always sunny above the clouds. Always. Every day on earth- every day I have ever had was secretly sunny after all. (Caitlin Moran)  God is altyd daar, teenwoordig, net omdat ons Hom nie sien nie, beteken nie Hy is nie daar nie en niks op die aarde of in die heelal gebeur sonder dat Hy daarvan weet nie.

For the Lord God is a sun and shield; The Lord bestows grace and favor and honor, no good thing will He withhold from those who walk uprightly. (Ps. 84:11 AMP)

Het jy al gesien as jy verby ‘n land vol sonneblomme ry hoe hulle getrou met hulle gesiggies na die son gedraai staan? Vol verwagting volg hulle die son die hele dag tot hulle aan die einde van die dag hulle gesiggies tevrede na die grond laat sak…

Learn from flowers- always angle toward the Sun (Maureen Joyce Connolly)

Al wat ek en jy moet doen is om ook ons gesiggies na God te draai vol verwagting en afwagting. Wanneer ons na God draai, wat is dit wat ons van Hom soek? Wat soek jy van Hom my liefste vriendin? Soek jy Sy liefde? Jy het dit… Soek jy sy vergifnis? Jy het dit… Soek jy genade en vrede en goedheid en guns? Dit het jou ook alreeds… Max Müller skryf: A flower cannot blossom without sunshine, and man cannot live without love. Vriendin en ek en jy… ons kan nie een oomblik sonder ons God leef nie.

Die son is vir almal, God sê self Hy laat die son skyn oor die goeie en slegte mense, maar vir my is die heel kosbaarste, God, wat hierdie groot bal vuur geskape het, wat dit in die hemelruim geanker het, wat lig daardeur gee… Hy stel belang in my en jou, ‘n spikkeltjie op die planeet aarde.

The Sun, with all those planets revolving around it and dependent on it, can still ripen a bunch of grapes as if it had nothing in the universe to do. (Galileo Galilei) Hoe kosbaar is dit nie?

God is my en jou LIG, (Joh. 9:5) die rede dat ons nog hier is, dat ons nog asemhaal. Die storms sal daar wees, dae en dae sonder son, maar nie sonder hoop nie, want HY is ons HOOP. Die God op wie ons vertrou.

Die Here is my LIG en my REDDER, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my TOEVLUG, vir wie sou ek vrees? (Ps. 27:1)

Turn your face to the Sun, and the shadows fall behind you. (Unknown)

Die skadu’s sal daar wees, maar wanneer ons leer om na God te draai met al ons bagasie, probleme en uitdagings, dan sal die skaduwees ook agter ons val…

Die belangrikste om te onthou is dat ek en jy die opdrag gekry het om Sy wonderbare liefde en LIG terug te reflekteer op die mense om ons. Nie ons eie lig nie (dan sou Hy ons vuurvliegies gemaak het), maar Syne! Here, maar mag dié wat vir U liefhet, wees soos die son wat in sy volle krag skyn. (Rig. 5:31)

Ek los jou vandag met die kosbare woorde van Jesus in Johannes 8:12: “Ek is die LIG vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die LIG hê wat lewe gee.”

 

2 Replies to “Waar’s die Son?”

  1. Baie Dankie! Ek is ‘n liefhebber van die son en nou het dit vir my ‘n groter betekenis gekry!!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *