Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom. (1983)
Laat daar geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net ‘n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor. (1953)
Moet ook nie allerhande vuil grappe vertel of lelike praatjies maak nie. As julle iets sê, moet dit iets wees wat die moeite werd is om te sê en vir ander iets beteken. Kyk wat nodig en goed is om in die omstandighede te sê en sê dit dan. (Die Boodskap)
Do not let unwholesome [foul, profane, worthless, vulgar] words ever come out of your mouth, but only such speech as is good for building up others, according to the need and the occasion, so that it will be a blessing to those who hear [you speak]. (AMP)
When you talk, don’t say anything bad. But say the good things that people need-whatever will help them grow stronger. Then what you say will be a blessing to those who hear you. (ERV- Easy to read Bible)
And never let ugly or hateful words come from your mouth, but instead let your words become beautiful gifts that encourage others; do this by speaking words of grace to help them. (TPT)
Ek het net een kosbare versie gevat in Efesiërs 4:29, maar dit in verskillende vertalings gaan lees, en net weer besef, woorde is nie sommer maar net woode nie… woorde het krag, en ek en jy as kinders van die Almagtige, Alwetende, Alsiende God, kan nie bekostig om goedkoop, seermaak woorde links en regs te gooi nie. En hoe moeilik dit ookal is, hoeveel oefening en harde werk dit ookal verg, ons moet beheer kry oor ons tonge… want ons woorde bewys uiteindelik aan wie ons werklik behoort.
Dit is belangrik om te onthou dat ons woorde ‘n weerspiëeling is van ons ingesteldheid teenoor God. (Jan Dargatz)
Efesiërs 4:29 sê ons woorde moet:
Goed en opbouend wees.
Genade gee.
Voordeel bring vir die een wat dit aanhoor.
Seën bring vir die een wat dit hoor.
Die moeite werd wees om te sê.
Mense help om sterker te groei, in self en in Jesus.
Ander bemoedig.
Gal braak is ‘n sonde, om heeldag te loop en kla is ‘n sonde, om negatief te wees oor alles en almal om jou is verseker nie, nie ‘n sonde nie! Ag vriendin ons is almal lekker skuldig, dis partykeer net lekkerder om te kla as om dankbaar te wees. Dis soms net makliker om wanneer ek en jy aan die verkeerde kant van die bed uitval om heeldag te loop en mor en negatief te wees in woord en daad… ons moenie, maar ai wanneer ek en jy ons weer kan kry, is ons op die oorlogs-pad sommer met woord en daad.
Woorde moet gespreek word in wysheid, en as jy wysheid kortkom is dit soms nodig om eerder stil te bly! Ek dink nie wysheid is gekoppel aan ‘n sekere persoonlikheids tipe nie, ek dink ook nie dis geneties oordraagbaar of sommer beskikbaar van geboorte af nie. Wysheid is wel ietsie wat ons van God afbid en wat Hy dan op aanvraag gratis en verniet uitdeel. Onthou: Wyse woorde maak selde seer.
As die waarheid nie eers ‘n draai by liefde en genade gemaak het nie, maak die waarheid seer, en daardie seer kan jare vat om te genees. Ek en jy kan so maklik meewarig kop skud en byvoeg: “Ja jong die waarheid maak seer nê?”. Dis nie soseer die waarheid wat die seermaak werk doen nie, maar meer die ingesteldheid waarmee die woorde gespreek word. Genadige, liefdevolle woorde wat in waarheid gespreek word, neem altyd die aanhoorder se hart in ag!
Ons woorde moet meermale vergesel word deur Vergifnis en Ontferming, dan sal die aanhoorder van ons woorde nie gekritiseer en alleen voel nie. Salamo praat waarheid as hy vra: Wat is beter as die regte woord op die regte tyd? (Spr. 15:23) Tydsberekening is alles. Soms uiter ons woorde op die ingewing van die oomblik, want ons moet eintlik ophou om woorde te tel, ons moet die impak van die woorde begin weeg! Wanneer Vergignis en Ontferming deel word van ons woordeskat, sal die woorde wat by my en jou mond uitkom praat asof ons omgee wat ons werklik sê!
Moenie te gou praat nie… Laat jou woorde daarom min wees. (Pred. 5:1) en miskien kan ons bysê… laat jou gebede meer wees, oor mense en jou woorde.
Here, leer my
die stilte van nederigheid,
die stilte van wysheid,
die stilte van konsentrasie,
die stilte wat praat sonder woorde,
die stilte van verwondering en geloof.
Leer my om my hart stil te maak
sodat ek die influistering van U Gees kan hoor. (Anoniem)
Baie dankie Martha. Dit wat jy gesě het was woorde wat ek moes hoor.
🙌🏻🙌🏻🙌🏻