Die Hart van ‘n Vrou.

She is a woman of strength and mighty valor! (Prov. 31:10)

Liewe Vriendin, ek weet nie aan wie of wat jou waarde gekoppel is nie, maar hoe meer ek praat met vrouens en jongmeisies, hoe meer besef ek, ons koppel ons waarde aan die wêreld en wanneer die wêreld kantel dan kantel ons waardigheid, selfbeeld en selfliefde.

Ek wil jou vandag herinner aan hierdie kosbare versies in Lukas 12:6-7: “Word vyf mossies nie vir twee sent verkoop nie? Tog word nie een van hulle deur God vergeet nie. Selfs die hare op julle kop is almal getel. Moenie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.”

Het iemand al vir jou gesê dat jy so waardevol is dat hulle sal sterf vir jou? Iemand het reeds vir jou gesterf juis omdat jy so waardevol is. God self het Sy Enigste Seun gestuur om in jou plek te  sterf. You were God’s expensive purchase, paid for with tears of blood… (1 Cor. 6:20 TPT) Jy is duur gekoop, jy was en is die moeite werd om voor te sterf. En toe Jesus Sy laaste asem uitgeblaas het op ‘n té growwe houtkruis, was jou naam op Sy lippe en Sy liefde vir jou in Sy allerlaaste asemteug. The price paid for you was greater than many jewels. (Prov. 31:10 TPT)

Soms, hier op aarde, kan ek en jy so bitterlik alleen voel, so asof niemand jou regtig verstaan nie. So asof jy nêrens inpas, hoort nie. God sê: “Ek het jou op jou Naam geroep jy is Myne. (Jes. 43:1)” Jy behoort aan HOM! Hy wat jou eerste liefgehad het. Jy is geskape deur Hom, vir Hom, na Sy beeld is jy geskape. Laat jou hart met vreugde erkenning gee aan Hom, die bron van alle lewe: When I’m near you, my heart and my soul will sing and worship with my joyful songs of you, my true source and spring of life. (Ps. 84:2 TPT)

Vriendin, ek weet nou nie van jou skaal en spieël nie, maar ek en hulle tweetjies het ‘n redelike lief-haat verhouding en dit hang seker ook van emosies, omstandighede en hormone af… dink ek! God kyk nie na die uiterlike nie, God stel nie belang in wat jy weeg nie… wanneer Hy na jou kyk is jy vir Hom mooi! Fearfully and wonderfully made. Punt. Einde van die storie. I thank you, God, for making me so mysteriously breathtaking. It simply amazes me to think about it! How thoroughly you know me, Lord! (Ps. 139:14)

Kom ek en jy wees soos ‘n sipres boom, fier en regop- winde gaan kom en jou buig, amper tot breekpunt- maar my en jou wortels lê diep vasgeanker in die Bron van lewe en krag.

Sy is soos ‘n boom wat by water geplant is, en haar wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; ‘n droë jaar raak haar nie, en sy hou nie op om vrugte te dra nie. (Jer. 17:7)

God het ons nie gespierd en fisies sterk gemaak nie. Weerloos en sag, met trane wat soms ongenooid by ons ooghoeke uitlek en sypel, dis hoe Hy my en jou geskape het. Maar sterk van karakater en inbors. En wanneer die lewensstorms aan ons deur kom klop, soos dit maar altyd doen, dan maak ons soos die Spreuke 31 vrou… She wraps herself in strength. (Prov. 31:17 TPT) … nog voor ons die deur ooppluk. Maar nie eie sterkte nie, Sy sterkte en krag is my en jou skild.

God is in the midst of her [His city], she will not be moved; God will help her (Ps. 46:5 AMP)

Wees onwankelbaar jy. Daar is wraggies net een soos jy! Net een mens het jou spesifieke vingerafdruk. So wees jy-jy met oorgawe! Jy kan ook soos Dawid getuig: Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja my erfenis is vir my mooi. Ek sal die Here loof wat vir my raad gegee het. Ek stel die Here altyddeur voor my, omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie. Versadiging van vreugde is voor U aangesig, lieflikhede in U regterhand, vir ewig. (Ps. 16: 6-8,11 [1953])

God se opdrag aan my en jou vandag staan in Josua 1:9.

Wees sterk: Bold power and glorious majesty are wrapped around her as she laughs with joy over the latter days. (Prov. 31:25 TPT) Sy vrees nie die toekoms nie want Hy is reeds in die toekoms, daar waar dit onseker is, wag Hy alreeds vir haar. Wag Hy haar in…

Wees vasberade: Die genade van God wat by my is, maak my sterk. (1 Kor. 15:10) She is not afraid of tribulation, for all her household is covered in the dual garments of righteousness and grace. (Prov. 31: 21 TPT)

Moenie skrik nie: Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie, want dit is die Here jou God wat saam met jou trek; HY sal jou nie begewe of verlaat nie. (Deut. 31:6) God is her confidence in times of crisis, keeping her heart at rest in every situation. (Prov. 3:25-26)

Moenie bang wees nie. Trust [confidently] in the Lord forever [He is your fortress, your shield, your banner], For the Lord God is an everlasting Rock [the Rock of Ages]. (Is. 26:3-4 AMP) God sends angels with special orders to protect her wherever she goes, defending her from all harm. (Ps. 91:11 TPT)

Die Hart van ‘n vrou is sterk dog sag, die hart van ‘n vrou maak staat op ‘n God wat veel groter is as Sy. ‘n Vrou na aan God se hart verheug haar in Hom, sy weet van lankal af dat haar vreugde net in Hom te vinde is… te midde van lewensstorms en branders wat dreig om haar elke nou en dan om te slaan! Sy verklaar met oorgawe: Die Here is my lewe daarom hoop ek op Hom. (Klaagl. 3:24)

 

One Reply to “Die Hart van ‘n Vrou.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *