Selfde God.

Ek is God, daar is geen ander nie;
Ek is God, daar is niemand soos Ek nie. (Jes. 46:9)
Ek is God…

Glo jy dit vriendin, met elke sel en vesel in jou liggaam. Glo jy dit werklik en waaragtig? Glo jy dit nie net in jou hart nie, maar in jou kop, met  siel en verstand? Ek ook, want hoe kan ek en jy dit nie glo nie as God dit oor en oor, weer en weer aan ons kom bewys het?

Oor duisend-miljoene jare het Hy en wie Hy is nog nooit verander nie. Ook tussen die ou en die nuwe testament het God nie verander nie. Hy is wie Hy is. Ek, die Here, het nie verander nie. (Mal. 3:6)

Long before you gave birth to the earth and before the mountains were born, you have been everlasting to everlasting, the one and only true God. (Ps. 90:2 TPT) Die enigste God. My en jou God.

Ek luister die anderdag na die lied: Same God van Elevation Worship en ek besef met ‘n skok… ons vergeet bietjie partykeer wie Hy is… ons vergeet bietjie partykeer dat Hy nog nooit verander het nie. Dat Hy ‘n Heilige, Almagtige God is wat onverdeelde trou vereis. Vir duisende jare is Hy dieselfde God, van geslag tot geslag. Your faithfulness flows from one generation to the next; all that you created sits firmly in place to testify you. (Ps. 119:90 TPT)

Wanneer ek en jy bid, bid ons tot dieselfde God wat Moses tot gebid het, voor die Rooisee, toe wegkom kans skraal gelyk het, die presiese selfde God wat daardie einste see oopgekloof het sodat Sy volk op droë grond kon deurloop. Was hulle benoud? Ek glo hulle was! Is jy benoud? Ek glo jy is! Daar waar jy voor jou eie Rooisee staan, moedeloos, bang, alleen. Maar wat het verander my liewe vriendin? Niks… Hy is die God wat gebede verhoor wat steeds die see vir jou oopkloof, sodat ook jy op droë grond veilig kan deurstap.

Wanneer jy jou in die vuuroond bevind soos Daniël se vriende en jy bid benoud tot God, is dit dieselfde God wat jou hoor, wat saam met jou in die vuuroond inklim. Jou vriend en God in die vuur, maar steeds dieselfde God. Dieselfde God wat jou nimmer as te nooit alleen sal laat nie!

Dieselfde God wat die bekke van die leeus sluit. Ruik jy die stink asem van die vyand tans vriendin, staan hy voor jou, reg om jou te verskeur? Die God van die Leeus, jou God, dieselfde God van altyd af sal vir jou in die bresse tree, sal vir jou veg tot die bittereinde. Ook die leeus voor jou se bekke sal Hy sluit. En ongeskonde sal jy uit die Leeukuil uitklim, want HY IS GOD!

Joshua en Kaleb het ‘n vreemde land gaan verken, hulle gehoorsaamheid het hulle hopeloos te naby aan die Enakiete gebring, die afstammelinge van die reuse wat die land bewandel het. Sien hulle het geweet ongeag die grootte van die vyand God is soveel groter. Want hulle vertroue op ‘n God wat nie verander nie was onbeweegbaar, onwrikbaar. En hoekom? Hulle het nie net hierdie onbeweegbare God wat nooit verander volkome vertrou nie, maar hulle het Sy hart geken. Ken jy die hart van hierdie onbeweegbare God vriendin, vertrou jy Hom volkome met die reuse voor jou, die struikelblokke wat veel groter as jy is?

Jesus Christus is gister, en vandag dieselfde en tot in ewigheid. (Heb. 13:8) Vriendin dis belangrik om te weet, hierdie sinnetjie is nie in die verlede tyd nie. Hy is die God wat is, nie was nie. Hy is onveranderd en alomteenwoordig. Al siende. Al horend. Alwetend. En soos Hy telkemale opgedaag het en melaatsheid en siekes genees het, wat die storm stil gemaak het, wat 5000 mense kos gee met ‘n skamele paar broodjies en vissies, wat dooies uit die dood opgewek het, dieselfde God wat vir my en jou aan die kruis gesterf het… niks het verander nie. Dieselfde Jesus wat al die wonderdade en wondertekens gedoen het, wat Sy laaste asem uitgeblaas het hier op aarde. Hy is nog altyd dieselfde…

In ons eie klein-wêreldjie, in die hier en nou wonder ons soms: Gaan Hy betyds opdaag, waar is Hy? Volgens wêreld standaarde is ons betyds en Sy betyds nie altyd dieselfde nie. Lasarus was 4 dae dood, tog daag Jesus meer as betyds op en Lasarus leef. U is groot en doen magtige dade, U alleen is God. (Ps. 86:100) Soms in ‘n oomblik van angs en paniek vergeet ons wie Hy werklik is.You alone will endure, the God of all eternity. (Ps. 102:27 TPT)

Weet jy dan nie, het jy nog nie gehoor nie? Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde. (Jes. 40:28) Die Ewige God is ‘n skuilplek, Sy arms is altyd onder jou. (Deut. 33:27) Waarlik, wie anders as die Here is God? (Ps. 18:32) Dit is U! U alleen is Here! (Neh. 9:6)

“To whom will you liken Me and make Me equal and compare Me, that we should be alike?” For I am God, and there is no other; I am God, and there is none like me. (Is. 46:5,9) Fear not, child close to My heart, for I have redeemed you; I have called you by your name; YOU ARE MINE! When you pass through the waters, I will be with you; And through the rivers, they shall not overflow you. When you walk through the FIRE, you shall not be burned, nor shall the flame scorch you. For I am THE LORD YOUR GOD, THE HOLY ONE of Israel, your SAVIOR. (Is. 43:1-3)