Ek moet bieg die was nie die post wat ek oorspronklik vir die week beplan het nie. God het ander planne gehad…
Ek wil sommer met julle my reis deel met: Die dogter van dié Koning. (verlede week se blog) Vir maklik 6 maande het my profile pic iets te doene gehad met krone, versies en aanhalings oor dogter van die Koning.
Die week wonder ek toe by myself: Hoekom was ek so lank amper obsessief oor die onderwerp? Ek besef ek moes dit oor en oor hoor voor ek dit kon glo. Dit is mos heeltemal onmoontlik dat dit met my is wat God praat, dis mos nie moontlik dat God die mooi goed van my en vir my sê nie!
Kom ek spaar jou 6 maande van wonder, worstel en vrae vra! God praat beslis met jou. Ja jy! Ek weet, ek weet. Jy skree soms op jou kids, verloor soms jou cool as jy bestuur en is soms kortaf met jou beste maat. Jy dink al jou eendjies staan nie in ‘n ry nie en meeste dae is al jou varkies nie eers behoorlik op hok nie. So ek wil mooi vra… gaan lees weer Dogter van dié Koning, en hierdie keer lees dit asof jy dit glo, asof dit spesiaal vir jou geskryf is, want dit is. Dit is beslis met JOU wat God praat. Net met jou onvolmaakte perfekte vrou na aan God se hart.
Ek dink die tyd het aangebreek dat ek en jy begin glo wat God sê, ons is waardig in Sy oë. Miskien net miskien het die tyd ook aangebreek dat ons nie langer na die leuens van die vyand luister nie.
Ek weet ons almal het ‘n vriendin, ‘n familielid… die een waarna jy opkyk en dink eendag… eendag gaan ek ook soos sy wees. ‘n Regte Spreuke 31 vrou. News flash sussie, sy het ook nie elke dag haar eendjies in ‘n ry nie, soms kort daar ook ‘n varkie in haar hok. Sy is ook soms hartseer, moedeloos, moeg. Ons dink te maklik as ons na ander kyk, sy het die perfekte lewe, sy is soveel mooier, ouliker as ek.
Miskien is dit dan sommer ook die perfekte tyd om te sê God is nie in die besigheid van copy en paste nie. JY IS NIE SY NIE! As God wou gehad het jy moet sy wees sou hy jou eenvoudig nie gemaak het nie. Jy is uniek, spesiaal en kosbaar. Hy sê: “Ek het jou uitverkies, jy geniet My guns.” (Jes. 42:1) Weereens nie ek wat so sê nie, maar die God van die hemel en die aarde wat dit van jou en oor jou sê.
Het jy al ooit na iemand se lewe gekyk en in kleinlike jaloesie gedink sy word voorgetrek, defnitief God se witbroodjie? Ek dink nie een van ons kan sê ons het nie al so gedink of geredeneer nie. God se ontferming oor my en jou is dieselfde en dis elke môre nuut. (Klaagl. 3:22-23) God trek immers niemand voor nie. (Rom. 2:11) God het nie witbroodjies nie. Hy is nie liewer vir my of vir jou nie. Hy is liefde. Daar is nie trappe van vergelyking by God nie, niks van lief, liewer, liefste nie. Daar is nie eerste plekke, laaste plekke of troospryse nie. God het jou sommer net lief, ongeag, onvoorwaardelik… vir altyd.
Pragtig geskryf….en so waar.
💖 … die belangrike deel is om dit te glo!
Daughter of the King!! 🙌
👑 A daughter of the King is known not by the crown she wears, but the MESSAGE she bears. (anonymous)
As ons onsself maar net altyd deur Sy oë kon sien, sal ons seker kan ophou om onsself so te kleineer
Liewe Vader, as die gevoel van minderwaardigheid in my hart kom nesskop, help my, herinner my om myself deur U oe te sien. AMEN 🙏
Ek dink elke vrou kan hiermee identifiseer. Dankie Martha, soms moet ons dit oor en oor hoor sodat ons dit kan glo! 🌷 waardeer vriendin!!
❤️Geloof is die uiterlike, sigbare teken van ‘n innerlike, geestelike genade. (Anoniem) Daar is soveel genade en liefde by Abba.
Dankie Martha! So n mooi stuk hierdie.
God is in the midst of her, she shall not be moved. (Ps. 46:5)❤️
Pragtig uit die hart geskryf en presies weer wat hierdie twee ore moes vandag hoor! Dankie Martha! Soos jy sê is die werk nou om dit te GLO dat ek dogter van die Koning is.
💐 Jy sal genoem word:”Die een vir wie die Here liefhet.” (Jes. 62:4)