Elke belofte aan jou liefste kind, bevestig Ek met ‘n eed aan Myself. Ek doen My woord aan jou gestand. (Heb. 6:13,18) Soos Ek belowe het, het Ek aan jou die kosbaarste en allergrootste gawes geskenk. (2 Pet. 1:4) My woorde sal bewaarheid word. (2 Sam. 7:28)
- Bly kalm, Ek veg vir jou. (Eks. 14:14)
- My krag is in jou deur die Heilige Gees wat in jou woon. (Hand. 1:8)
- Eer jou Vader en Moeder dan sal jy lank bly woon in die land wat Ek jou gegee het. (Eks. 20:12)
- Ek gee die vermoeides krag en versterk jou wat nie meer kan nie. (Jes. 40:29)
- Jy sal hardloop en nie moeg word nie, want Ek gee vir jou nuwe krag. (Jes. 40:31)
- Ek help jou, Ek hou jou vas en red jou. (Jes. 41:10)
- Ek vat jou aan jou hand. (Jes. 41:13)
- Ek is by jou. (Jes. 43:2)
- My liefde vir jou sal nooit verdwyn nie. (Jes. 54:10)
- Geen wapen wat gesmee word om jou aan te val sal iets uitrig nie. (Jes. 54:17)
- Geregtigheid heers in jou. (Jes. 54:14)
- Jy sal roep en Ek sal antwoord. (Jes. 58:9)
- Ek sal jou altyddeur lei, Ek sal in jou behoeftes voorsien. (Jes. 58:11)
- My magtige teenwoordigheid is by jou. (Jes. 60:2)
- Ek sal jou sterk maak. (Jes. 58:11)
- Ek tel jou op en dra jou. (Jes. 63:9)
- Ek is getrou en regverdig en vergewe jou. (1 Joh. 1:9)
- Jy behoort aan My. (1 Joh. 4:4)
- Die duiwel het geen houvas op jou nie. (1 Joh. 5:18)
- Die duiwel sal van jou af wegvlug. (Jak. 4:7)
- Ek sal jou gesond maak. (Jak. 5:15)
- Ek gee aan jou wysheid. (Jak. 1:5)
- Elke volmaakte geskenk kom van Bo, kom van My af. (Jak. 1:17)
- Jy sal gelukkig wees in wat jy doen. (Jak. 1:22)
- Ek sal jou land herstel. (2 Kron. 7:14)
- Ek gaan jou vooruit. Ek sal jou nooit in die steek laat nie. (Deut. 31:8)
- Ek is jou skuilplek, My arms is altyd onder jou. (Deut. 33:27)
- Ek beplan vir jou voorspoed en nie teenspoed nie, ‘n verwagting, ‘n toekoms. (Jer. 29:11)
- Ek het jou nog altyd liefgehad. (Jer. 31:3)
- Ek gee jou moed wanneer jy moedeloos voel. (Jer. 31:25)
- Ek sal jou antwoord en vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie. (Jer. 33:3)
- My ontferming is elke môre nuut. (Klaagl. 3:22)
- Ek is goed vir jou wat op My bly hoop. (Klaagl. 3:25)
- Ek verdedig jou saak, Ek sien… Ek hoor… (Klaagl. 3:58-61)
- Dít is hoe lief ek jou het. (Joh. 3:16)
- Ek gee vir jou die Ewige Lewe. (Joh. 3:36)
- Jy is werklik vry. (Joh. 8:36)
- Wat jy ookal in My Naam vra sal Ek doen. (Joh. 14:13)
- Ek maak vir jou plek gereed… Ek sal jou kom haal. (Joh. 14:3)
- My vrede laat Ek vir jou na. (Joh. 14:27)
- Ek gee vir jou die lewe in oorvloed. (Joh. 10:10)
- Ek huil saam met jou. (Joh. 11:35)
- Jy wat in My glo sal in ewigheid nooit sterwe nie. (Joh. 11:25)
- Ek is by jou oral waar jy gaan. (Jos. 1:9)
- Jy is tot alles in staat, want jou krag kom van My. (Fil. 4:13)
- Ek sal in elke behoefte van jou ryklik voorsien. (Fil. 4:19)
- Ek is naby. (Fil. 4:5)
- Ek is jou rots, jou skuilplek en jou redder, jou God, jou rots, by wie jy kan skuil, jou skild en sterk verlosser, jou veilige vesting. (Ps. 18:3)
- Al gaan jy deur donker dieptes, moenie bang wees nie, Ek is by jou, in My hande is jy veilig. (Ps. 23:4)
- Ek is jou toevlug. (Ps. 27:1)
- Ek is naby jou wanneer jou hart gebroke voel, Ek help jou wanneer jy moedeloos voel. (Ps. 34:19)
- Vind jou vreugde in My en Ek sal jou gee wat jou hart begeer. (Ps. 37:4)
- Ek het jou boeie stukkend gebreek… jy is vry. Ek het jou laat uitkom uit die diep duisternis. (Ps. 107:14)
- Ek is vir almal goed, Ek betoon barmhartigheid oor alles wat Ek geskep het. (Ps. 145:9)
- Ek vergewe altyd weer. Ek is getrou wanneer jy om hulp roep. (Ps. 86:5)
- Wie na My luister sal veilig wees en hoef geen ramp te vrees nie. (Spr. 1:33)
- Ken My in alles wat jy doen en Ek sal jou paaie gelyk maak. (Spr. 3:6)
- Jy behoort aan My, Ek sal nooit jou naam uit die boek van die lewe uithaal nie. (Openb. 3:5)
- Kyk, Ek staan by die deur van jou hart. As jy My stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek inkom en saam met jou die feesmaal hou. (Openb. 3:20)
- Ek sal vir jou alles ten goede laat meewerk. (Rom. 8:28)
- Niks kan jou skei van My liefde vir jou nie. (Rom. 8:38-39)
- Jy is meer as ‘n oorwinnaar. (Rom 8:37)
- As Ek vir jou is, wie kan dan teen jou wees? (Rom. 8:31)
- Ek gee aan jou die Ewige Lewe. (Rom 6:23)
- Vra, en vir jou sal gegee word, soek en jy sal kry; klop en vir jou sal oopgemaak word. (Matt. 7:7)
- Ek sal vir jou rus gee. (Matt. 11:28)
- Ek is by jou al die dae tot die voleinding van die wêreld. (Matt. 28:20)
- Ek maak jou innerlik sterk. (Ef. 3:16)
- Ek het jou innig lief. (Ef. 2:4)
- Ek het jou bestem vir goeie dade. (Ef. 2:10)
- Met die maat waarmee jy meet sal daar vir jou gemeet word. (Luk. 6:38)
- Aan My liefde vir jou is daar geen einde nie. (1 Kron. 16:34)
- Ek is jou toevlug in tyd van nood. (Nah. 1:7)
- Jy sal van alles genoeg hê, sodat jy volop kan bydra vir elke goeie werk. (2 Kor. 9:8)
- Jy is volkome vrygespreek. (2 Kor. 5:21)
- Ek het in jou hart ‘n lig laat skyn om jou te verlig. (2 Kor. 4:6)
- Ek vergewe jou en reinig jou van alle ongeregtigheid. (1 Joh. 1:9)
- Ek het jou gesalf met die Heilige Gees. (1 Joh. 2:20)
- Ek bly in jou. (1 Joh. 4:12)
- My volmaakte liefde vir jou verdryf alle vrees. (1 Joh. 4:18)
- Die Gees wat Ek jou gegee het maak jou nie lafhartig nie, maar vul jou met krag en liefde en selfbeheersing. (2 Tim. 1:7)
- Ek ken die wat aan My behoort, Ek ken jou! (2 Tim. 2:19)
- Jy is vir My afgesonder. (1 Pet. 2:9)
- Ek het jou uit die mag van die duisternis weggeruk. (Kol. 1:13)
- Deur My wonderbare krag het Ek jou sterk gemaak om in alle omstandighede geduldig te volhard. (Kol. 1:11)
- Lewe in verbondenheid met My, in My gewortel en op My gebou. In geloof, met dankbaarheid vervul. (2 Kol. 2:7)
- Jy is uitverkies. (Kol. 3:12)
- In verbondenheid met My, deel jy in My volheid. (Kol. 2:10)
- Jy behoort nie aan jouself nie, jy is duur gekoop en die prys is reeds betaal. (1 Kor. 6:20)
- Jy het My opstandings krag in jou. (1 Kor. 6:14)
- Jy, jy het My Gees! (1 Kor. 2:16)
- Bly getrou tot die dood toe en Ek sal jou die lewe as kroon gee. (Openb. 2:10)
- Voor jou geboorte het ek jou afgesonder en jou in genade geroep. (Gal. 1:15)
- Jy wat deur my vrygespreek is omdat jy glo… sal lewe. (Gal. 3:11)
- Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar deur My Gees. (Sag. 4:6)
- Ek is jou Here, jy sal niks kortkom nie. (Ps. 23:1)
- Ek sal jou God wees en ook die God van jou nageslag. (Gen 17:7)
- Al was jy skarlakenrooi van sonde, jy sal wit word soos wol. (Jes. 1:18)
- My goedheid en liefde sal jou lewe lank by jou bly, en jy sal tuis wees in My huis tot in lengte van dae. (Ps. 23:6)
Dankie vir al die verse en al jou moeite. Dis hulpsaam om alles so bymekaar te hê ♥️