Gooi Jy die Heel Eerste Klip.

Genade onbeskryflik groot, is seker een van die gewildste liedere. Hoekom? Mense smag na genade. Alle mense. Die kerk, Christendom en moontlik ek en jy  het dalk bietjie vergeet wat genade is en presies hoe dit lyk.

Genade onbeskryflik groot
Het U aan my bewys
Verlore seun, ‘n wegloopkind
Weer in die Vaderhuis

Ek is die naam van kind nie werd
Wou self my sake reël
My lewe, kanse, tyd en geld
Is nutteloos verspeel…

Moet ek en jy nie die genade wat ons in oorvloed ontvang het kan uitdeel nie? Sal mense my en jou genade teenoor ander ook kan beskryf as onbeskryflik groot? Ek wonder oor hierdie dinge vriendin. Continue reading “Gooi Jy die Heel Eerste Klip.”

Efesiërs 4:29

Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom. (1983)

Laat daar geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net ‘n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor. (1953)

Moet ook nie allerhande vuil grappe vertel of lelike praatjies maak nie. As julle iets sê, moet dit iets wees wat die moeite werd is om te sê en vir ander iets beteken. Kyk wat nodig en goed is om in die omstandighede te sê en sê dit dan. (Die Boodskap) Continue reading “Efesiërs 4:29”

Ma van die Jaar.

Ma, jy het self geen groot katedrale gebou nie, maar jou hele lewe was ‘n katedraal ter ere van God. (Thomas Fessenden)

Hierdie stukkie het ek ‘n paar jaar terug geskryf, ek het dit so bietjie afgestof, want ek dink ons mammas moet meer as gereeld hoor: Dis okay om nie perfek te wees nie…

Kleinsus was nog iewers in die laerskool toe ek haar een oggend skool toe vat. Ons is nie laat nie, ons is nie gejaag nie, ons is net lekker. Hier voor my trek ‘n groot voertuig met ‘n ruk op die sypaadjie op en daar vlieg ‘n mamma uit, maar sy is nie vies nie, sy is nie kwaad nie… sy is woedend. Sy gooi haar kinders se tasse op die sypaadjie, klim terug en ry weg… sonder ‘n baai, ‘n drukkie… en die ou dogtertjie loop so skrams verby ons en die gesiggie is besmeer met trane… en ewe skielik voel ek sommer ook na huil… Continue reading “Ma van die Jaar.”