Af-kop-hoender-dae.

Dankie Kleinsus vir die mooi hoendertjies.

Het jy sulke dae? Die weet nie-waar-om-te-vat en waar-om-te-los dae. Of jy kom of gaan dae? Wat jy op jou merke gereed gaan, uit die bed spring en net gaan, gaan, gaan… Soos die Energizer hasie. Nou daai daggies het ek my af-kop-hoender-dae gedoop. Hulle sê, en ek het dit gelukkig nog nooit self gesien nie, as mens ‘n hoender se kop afkap sal hy net in ‘n rigting inhol…

Ek het ook vir myself begin sê dis okay om so nou en dan sulke dae te beleef, maar dan moet ons ook eerlik wees dat as elke dag ‘n af-kop-hoender-dag is dan gaan jou liggaan skoon vir jou siel weghardloop en jy gaan permanent buite beheer voel. As jy permanent buite beheer voel kom die ander ou emosies soos angs en paniek natuurlik in tou agterna… en dan volg geirriteerd en kortaf en uiteindelik slaaploosheid en siek-voel soos ‘n stout, moedswillige boetie. Continue reading “Af-kop-hoender-dae.”

Die leuens wat ons so maklik glo!

Ons kan tog so maklik onsself veroordeel, so maklik onsself meet en vind ons skiet tekort. Het jy ook ‘n ingeboude radar? Wanneer jy by ‘n vertrek in stap vol vrouens, dan meet jy, vergelyk jouself en jy “measure” nie op nie. Hierdie ingeboude radar word sommer van kleins af geaktiveer, dogtertjies doen dit ook. Haar rok is mooier as myne, ek wil ook graag eerder krul hare hê, ek is te kort, te lank, te vet, te maer… nooit ooit reg nie. Hoekom doen ons dit? Ons kies om die leuens te glo, ons skram weg van die waarheid, want ons voel … I am unworthy, never enough…

Het jy die vader van leuens al in jou oor hoor fluister: God het moed opgegee met jou? Het jy al? Maar dis juis dan wanneer God van die berge af skreeu: “Toe jy nog ver aangekom het, het Ek jou al gesien, Ek het jou innig jammer gekry. Ek staan op die bult, Ek kyk elke dag uit vir jou, kom net huistoe, hardloop My tegemoet, hardloop in My wagtende arms in liefste kind. (Luk 15:20) Ek het jou nog altyd liefgehad, daarom wag Ek geduldig op jou… (Jer. 31:3)” Continue reading “Die leuens wat ons so maklik glo!”

Ek’s ‘n Dapper Muis.

Waarvoor is jy bang? Ons almal is bang vir iets, of soms vir ‘n paar ietse. Baie soos die Dapper muis. Ons is vir niks bang nie, behalwe… en hoe langer ons dink hoe langer raak die lysie. Waar kom vrees vandaan? Ek is nie heeltemal seker waar vrees vandaan kom nie, maar ek weet verseker waar vrees NIE vandaan kom NIE. For God will never give you the spirit of fear, but the Holy Spirit who gives you mighty power, love, and self-control. (2 Tim. 1:7 Passion Translation) So in die plek van vrees gee God ons krag, liefde en selfbeheersing.

My definisie van vrees is om vir iets bang te wees wat heel waarskynlik nooit sal gebeur nie, om in konstante vrees te leef oor dinge waaroor jy absoluut geen beheer het nie. Kan die dinge wat jy vrees moontlik met jou gebeur?  Moontlik. My vraag is kan mens vir 80 jaar van jou lewe in vrees lewe vir die 5% moontlikheid dat dit wel met jou kan gebeur? Continue reading “Ek’s ‘n Dapper Muis.”