Die Oorlog in my Kop.

In my twintigs was die geraas en die oorlog in my kop iets verskrikliks, dit was ‘n gespartel van epidermiese proporsies soos Oubaas altyd gesê het. Ek erken ek het eenvoudig nie die vermoë om aan NIKS te dink nie… dit is letterlik onmoontlik. My liewe man, en ek vermoed dis ‘n alle -man ding, kan wraggies aan niks dink… ek is so jaloers dat ek nie ‘n niks-boksie het nie.

Soms is daar ‘n hele ander wêreld van wat asse en sê nou maars in jou kop, jy maak oorlog met mense en dis so ver van die realiteit af en natuurlik is jy altyd reg! Dis ‘n gevaarlike plek om te ‘leef’. As jong getroude het ek soms so oorlog gemaak met my man in my kop, en ai as die arme siel by die deur in stap is ek klaar op die oorlogspad, oor goed wat in my kop gebeur het. Dis nie gesond nie en beslis onnodig! Ek het die ander dag ‘n oulike profile pic gesien. Dit het gesê: Don’t believe everything you think! Uitstekende raad. Continue reading “Die Oorlog in my Kop.”

Liewe Ek…

Sou jy vir my geluister het, die 18 jarige meisie-nog-vrou vol wysheid wat alles weet en die wêreld reeds oorwin het? Ai het jy maar net geweet wat ek nou weet sou die lewe miskien ‘n bietjie makliker gewees het. ‘n Bietjie eenvoudiger.

Leef voluit, leef doelgerig, jaag jou drome na, vreesloos. Drome wat van God af kom is so die moeite werd om na te jaag. Ons almal leef op geleende tyd, genade tyd. Maak die beste gebruik van elke geleentheid. Laat geloof, hoop en liefde die kompas wees op jou lewenspad. Die rigtingwyser.

Moenie te trots wees om te sê:  Ek was verkeerd, ek is jammer nie. Vergewe vinnig en finaal vir jouself en nie vir die ander persoon nie. Los die ou koeie in die sloot. Leef in die hede, leef vir die hier en nou. Vergeet die verlede en konsentreer minder op die wat asse en sê nou maars. Continue reading “Liewe Ek…”

Die Brug.

Die Visrivier Canyon in Namibië, is die grootste Canyon in Afrika. Op sy breedste is die Visrivier Canyon 27km wyd en 550m diep. Gestel God sê om in die hemel te kom moet jy die 27km ver kan spring, dis die kwalifikasie. Ek het gaan kyk die verspring rekord in SA vir mans is 8.5m en vir vroue 6.93m. Ek dink ek kan seker 1.5m spring…miskien? En jy? Hoe ver kan jy spring? Die punt is niemand kan oor die Canyon spring nie, niemand kan in die hemel in spring nie. Al is jy Moeder Teresa, jy gaan dit steeds nie maak nie. Jy gaan kort spring en in die Canyon beland. Pens en pootjies.

So hoe nou gemaak? Ons het ‘n brug nodig, so maklik soos dit. Die Brug is Jesus. Jesus sê in Johannes 14:6: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie”. Jesus is die Brug, die enigste manier hoe om in die hemel te kom, daar is nie kort-paaie, om-paaie, kronkelpaaie nie. Almal het gesondig en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van Sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus. (Rom. 3:23) Daar is net Jesus. Continue reading “Die Brug.”