Wat is ‘n Ma?

(Opgedra aan my regte egte Ma en my ander Ma)

‘n Ma is gemaak van staal, liefde, uithouvermoë en ragfyn kant. Haar vel is lekker dik, sy steur haar min aan tiener buie en geite. Sy weet ook baie goed, tieners sê selde wat hulle bedoel en bedoel selde wat hulle sê. In haar diepste wese is sy aanmekaar gesit met ‘n tikkie wysheid, oorvloed geduld en ‘n goeie handvol genade. Moet nooit vergeet nie: ‘n Ma was ook eendag op ‘n reëndag ‘n tiener, en as sy baie mooi en baie ver terug dink kan sy onthou van ‘n onsekere dogtertjie wat in ‘n jongmeisie lyf vasgevang was.

‘n Mamma hart is groot, daar is altyd plek vir nog enetjie, dis groot genoeg om ‘n ander mamma se kinders ook lief te hê! Weet maar net dieselfde mamma het ‘n hart van ‘n leeuwyfie, sy sal haar kinders ten alle koste beskerm en veilig hou. Sy bid al vandat hulle bitter klein is vir haar eendag se skoondogters en skoonseuns. ‘n Biddende ma bid vir haar eie kinders, maar ook vir die kinders van die wêreld. Continue reading “Wat is ‘n Ma?”

Ek sal sien.

Het jou kids al ietsie gevra en jou antwoord was: Ek sal sien? My ma het ook graag so gesê, dit het my altyd erg gefrustreer, en tereg soos my girls altyd sê dis eintlik maar ‘n nee met ‘n baie skraal kans dat dit moontlik in ‘n ja kan verander. Dis ook natuurlik een van die frases wat ek myself belowe het ek nooit ooit met my kids sal gebruik nie… wel nooit ooit is ‘n baie lang tyd.

Het jy al vir God iets gevra, ietsie wat jy gedink het redelik onselfsugtig was en in jou enigheid het jy boonop gedink dit is tot voordeel van die Koninkryk? Beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee. (Matt. 6:33) Continue reading “Ek sal sien.”

Wanneer jou tenkie dolleeg is.

‘n Motor kan net vorentoe beweeg in die rigting wat jy wil wanneer daar brandstof in die motor se tenk is. Dis ook nodig om gereeld brandstof in te gooi anders gaan hierdie betroubare, selfs nuwe motor van jou net eenvoudig nie sy werk kan doen nie… en gaan staan. ‘n Eenmalige vol tenk hou nie verewig nie, dit hou net vir so lank as wat dit hou. As jou motor sonder brandstof gaan staan, dan weet jy wat die probleem is, jy bel manlief en hy kom met sy geel Diesel kan en ta-da, probleem opgelos. Krisis vermy! Dis nie rocket science nie,  dit is algemene kennis.

Interessant genoeg, as dit by ons eie tenkies kom is ons soms ‘clueless’. Ons hardloop op spreekwoordelike dolleeg en verwag dat ons superma, supervrou, noem maar op, moet wees. Ons raak vies vir onsself as ons nie genoeg het om nog uit te deel ook nie. Continue reading “Wanneer jou tenkie dolleeg is.”