Oor ‘Like’ en ‘Share’.

Van die van julle wat nie weet nie, ek het ook ‘n Wees stil Facebook blad. Daarop deel ek  inspirerende Bybelversies en my blog posts. Ek is mos maar dommerig met tegnologie, so effe tegnologies gestremd, heel waarskynlik gedeeltelik a.g.v. my ouderdom en gedeeltelik miskien die feit dat ek regtig nie van tegnologie en rekenaars hou nie. Facebook is eintlik tydrowend en vat baie meer as wat dit gee.

Facebook het my darem ietsie geleer ook! Jy kan ‘n post ‘like’ tot jy potblou in die gesig is, maar as jy nie die post ‘share’ nie gaan dit nie veel verder as jou eie sad FB blad nie. Dis ‘n lewensles, nie ‘n FB-les nie. Nee ek vra nie jy moet die goedjies wat ek opsit ‘like’ of selfs ‘share’ nie, maar dit het betrekking op Jesus. Huh? Mind-blowing, ek weet! Continue reading “Oor ‘Like’ en ‘Share’.”

Die Hart van ‘n Pa.

‘n Pa is gemaak van beton, spiere, ‘n sagte hart vol jellybeans en ‘n growwe stem. Hy is met gare van genade aanmekaargewerk deur God homself. ‘n Pa trek sy insipirasie van sy Pa in die hemel. Na hom kyk hy op vir wysheid, geduld, onvoorwaardelike liefde en medelye. Hy volg letterlik sy Hemelse Pa in die te groot voetspore wat Hy agterlaat.

Soms verdwaal ‘n pappa in sy eie wêreld en menswees, ‘n wêreld waar hy sy niks-boksie oopmaak en aan… niks dink nie. Dieselfde wêreld waar hy soms onbevoeg en onopgelei voel vir die reuse taak van Pa wees, maar nooit te lank nie. Continue reading “Die Hart van ‘n Pa.”

‘n Aäron en ‘n Hur.

Ek weet die volgende van Moses. As babaseuntjie van 3 maande was hy veronderstel om in die water te beland toe maak sy ma ‘n plan en hy land op die water, en oorleef. Hy was die belangrikste Profeet in die Bybel, een van die main manne. Hy het die Here persoonlik geken. (Deut. 34:10) Die Here het direk met Moses gepraat, soos ‘n man met sy vriend. (Eks. 33:11) Die Here was Moses goedgesind en het vir Moses op die naam geken. (Eks. 33:17) Hier was  verhouding, ‘n persoonlike, intieme verhouding…

Maar tog, toe die Amalekiete by Refidim teen Israel kom veg het, het Moses op die top van die heuwel gaan staan met die kierie wat God hom gegee het in sy hand. (Eks. 17:9) Dit het goed gegaan daar doer onder met die geveg, terwyl Moses se hande uitgestrek was in gebed met die kierie in die een hand. Dit begin toe bietjie lol, want Moses is nie meer jonk nie, hy is al bietjie aan die ou kant en sy arms raak lam, soos die moeë arms grond se kant toe sak, dan wen die Amalekiete weer bietjie… Continue reading “‘n Aäron en ‘n Hur.”