Jip hierdie blog gaan oor huis skoonmaak, siende dat ek ‘n huisvrou is het ek die besigheid mooi onder die knie en ek deel graag my huis skoonmaak wenke #101 met jou… ha ha. Nee ek spot en ek is lekker laf. Maar terwyl ek nou op die onderwerp is, as jy soos ek die huiskoonmaker, die skottelgoedwasser, kosmaker, wasgoedwasser, strykster ens is. Sussie ek voel jou pyn dis harde, ondankbare werk. Noem ons dan maar susters in verdrukking…
Ek wil wel bietjie gesels oor huis skoonmaak, maar dis die ander soort ene waarvan ek praat. Soms kom tik God so liggies op my skouer en Hy sê: “Vertel bietjie van die keer… wat jy moes huis skoon maak.” Nou kyk jy kan dink ek het die plot nou heeltemal verloor, ek is die kluts skoon kwyt, en dan is dit goed so… en jy kan natuurlik met my verskil… dis ook goed so. Continue reading “Maak jou Huis Mooi Skoon.”

Ek en Jannie is die jaar 22 jaar getroud. ‘n Leeftyd van bymekaar maak, leef, vervang. Koop en verkoop. Kort na ons troue het ons, ons eerste meubels begin aanskaf. (Kan jy onthou? Daar was ‘n tyd toe van jou vertrekke leeg gestaan het, want jy was pasgetroud en nog besig om huis op te sit, goeie ou dae nê!) Nou kom die liedjie Pasgetroud van Anton Goosen in my kop op. Maar nietemin ek praat-skryf my skoon van my eie storie af.
Wiskunde was beslis nie een van my sterk punte op skool nie. Nietemin dis hoe my kop en my som werk. As ek 50% gee vir ons huwelik en Jannie gee 50% dan het ons ‘n huwelik van 50%… niks minder en niks meer nie. Vir ‘n huwelik om 100% te werk moet jy en jou huweliksmaat albei 100% gee. Jy moet jou alles gee en jou maat se belange en behoeftes voor jou eie stel… dis hoe ‘n huwelik werk.