
‘n Week of wat terug besef ek half paniekerig dat Paasnaweek om die draai is, die winkels is vol paashase, ore en ‘n magdom verskeidenheid hol eiers. Ek wil darem net iets gepas skryf oor hierdie belangrikste tyd op die kalender. En ek loop vir dae rond… met niks… geen gedagtes… geen inspirasie… ek dink aan klompie opsies maar niks voel lekker reg nie, voel so al of dit pure eie gedagtes is, geen Gees-geinspireerde aha oomblikke wat ek kan vasvang op papier nie.
Vanogged gryp twee woorde my hart aan: Die Offer. Dis al. Dis dit… maar dis nie al nie… is dit? Dis nie dit nie… dis alles. ‘n Besef slaan my teen die kop en ek voel sommer ‘n oomblikkie skoon van balans af. Vriendin, ek kom tot die skokkende besef, as ons Jesus nie die pad van smart en lyding gestap het nie, nie namens ons tree vir tree aangesukkel het deur stofstrate, met ‘n jillende, bloedortstige mensdom wat Sy lewe eis nie. As Hy nie gestrompel-val het na kopbeenplek nie, moeg en stukkend, dan was dit my en jou uiteinde. Duisende-miljoene mense wat aan growwe houtkruise hang so ver die oog kan sien. Wat betaal vir sonde op sonde op sonde… Continue reading “Die Offer.”

Woorde is nie net woorde nie. En jy kry baie woorde… Woorde wat heel, woorde wat breek en dan is daar net woorde, woorde wat net die spasies opvul. Net sommer woorde. Toe kom ek op die versie af … ‘n Gelowige se woorde is soos ‘n fontein. Dit bemoedig mense, troos hulle, wys hulle die regte pad. (Spr. 18:4 Die Boodskap) Miskien moet ek en jy nuut dink oor woorde, want ‘n gelowige se woorde moet soos ‘n fontein wees en moet bemoedig, vertroos en rigting aanwys.