Bou ‘n Bruggie…

My tieners sê graag: ‘Bou ‘n bruggie en kom daaroor’, of eerder bou ‘n bietjie ‘n bruggie en kom net bietjie oor jouself. Jip, dis waar ek nou is, ek moet ‘n bruggie bou en net weer bietjie oor myself kom. Hier in die midde van my gestruikel en soeke na die regte materiaal om hierdie bruggie te bou stuur my beterhelfte vir my hierdie bittere mooi aanhaling. En dis sommer net ‘n bevestiging van die bruggie wat gebou moet word.

Calmness is a superpower. The ability to not overreact or take things personally keeps your mind clear and heart at peace.  (Marc & Angel Chernoff)

Ek het ‘n mooi versie raakgeloop wat so mooi die aanhaling vasvat: …hierdie opdrag is om liefde te wek wat uit ‘n rein hart, ‘n goeie gewete en ‘n opregte geloof kom. (1 Timoteus 1:5) Mooi nê! Continue reading “Bou ‘n Bruggie…”

Tee?

Ek al gesê ek hou van tee, ek dink dalk selfs meer as lekker koffie. As ek MOET kies, kies ek tee. Nie tee met allerhande volksvreemde bestandele soos blomme, kruie en speserye nie. Gewone tee. Joko of amper sê ek Rooi Rose. Ek bedoel 5 Rose. Ek drink so nou en dan rooibostee, maar ek verkies swarttee bo rooibostee.

Ons het ‘n oggend roetine wat tee insluit net na die wekker ons met ‘n skril geluid uit die land van vergetelheid terugskok in die hede in. Sjoe! Hande op! Wie haat ‘n wekker?Haat is sekerlik ‘n té sterk woord, hou minder van dan eerder? Nog geen wysie van enige wekker was al vir my aanvaarbaar nie, ek soek nog!

Iedergeval ek strompel die oggend dikoog kombuis toe… dis die eerste probleem as ek strompel beteken dit my beterhelfte is uitstedig en daar is niemand om tee aan te dra bed toe nie. Die tweede probleem is my oge is nie verniet dik en krapperig nie, want slaap het my ontwyk, wegkruipertjie gespeel die hele nag. So ek is effe iesegrimmig en omgekrap. Ek verlang! Gewoonlik help tee darem so klein bietjie… Continue reading “Tee?”

Die Druppel aan die Emmer.

Ek en jy is afhanklik van God, die teenoorgestelde is egter ver van die waarheid af. God is God. Hy het my en jou nie nodig nie. Nie nodig om Sy werk namens Hom te doen, nie nodig om namens Hom te veg nie. Hy is immers die Aanvoerder van die leërskare.

God claims the world as HIS! Everything and everyone belong to HIM! (Ps. 24:1 TPT)

Here, ons God, U is waardig om die heerlikheid en die eer en die mag te ontvang omdat U alles geskep het; deur U wil het alles onstaan en is dit geskep. (Openb. 4:11) Die aarde en alles wat daarop is, behoort aan U! (Ps. 50: 12)

Hy het ook nie nodig dat mense Hom versorg nie. Inteendeel, dit is Hy wat almal lewe en asem en alles gee… want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons. (Hand. 17: 25, 28) Continue reading “Die Druppel aan die Emmer.”