
Wysheid word iewers gevind tussen jou hart en jou kop, nie noodwendig in jou kop nie, want soms is dit wysheid sonder gevoel, wysheid se woonplek is ook nie die hart nie, want wysheid met net gevoel is gevaarlik. Wysheid van God is maar altyd die allerbeste wysheid.
Wysheid is nie vir ‘n uitgesoekte, uitverkore handjie vol mense nie. God se uitnodiging staan vas vir almal… veral vir mammas wat wysheid soms so broodnodig het. Dis vir ma’s (en natuurlik pa’s ook) net nodig om te weet waar ons wysheid vandaan kom. Wysheid word van God afgebid… en vrylik gegee aan die wat vra. Ware wysheid kom van God af. Dit is die Here wat die wysheid gee… (Spr. 2:6)
God se wysheid, wat Hy so mildadig en vrylik uitdeel aan ma’s, is altyd gevul met ‘n bietjie genade, liefde, geduld en verdraagsaamheid. Wysheid is altyd om meer te luister as wat jy praat. Wysheid is om eers vrede te gaan opsoek voor jy optree, want vrede gaan wysheid vooruit. Continue reading “Soms Kort ‘n Ma ‘n titseltjie Wysheid.”


