KLA jy?

Op pad kerk toe anderdag besluit ek en manlief (ons) mag vir een dag glad nie kla nie. Hy vra altyd hoeveel onse is in my pond, want as ek sê ‘ons’ moet die vuilgoed uitvat beteken dit eintlik hý moet. Maar ek is darem die vrou in die ‘ons’, so ek kla seker meer as hy, maar ek kan dit nie met sekerheid sê nie, ek het net so vermoede.

Elk geval, ek het nie opgestaan en besluit dis ‘n kla-lose dag uit my eie uit nie. Ek volg Mel Robbins op sosiale media, en haar uitdaging vir die dag was om vir een dag glad nie te kla nie. Jy kan haar gerus gaan volg, druk maar net jou ore so nou en wan toe, want sy is nogals lief om die kierietjie ‘F’ woord te gebruik. Continue reading “KLA jy?”

Op Pad.

Die afgelope week of wat het elke tweede vers wat ek lees iets te doen met rigting, koers of met ‘n pad… Ek het nou al die versies wat ek oor rigting en koers kon kry gaan opsoek! En sjoe daar is hordes, die gaan ‘n laaang post wees, hoop jy sit gemaklik!

My liewe man, vir wie ek bitter-baie lief is, vra nie vir rigting aanwysings nie. Ek dink dis ‘n alleman ding- ek wil net vandag sê ek is bitter dankbaar vir die engelse tannie op my selfoon wat vir my sê of ek links of regs moet draai. Sonder daai tannie sou ek al menige male diep verdwaal het! Is dit nie ook so bietjie met ons op die lewenspad nie? Het ons nie juis op hierdie belangrike pad aanwysings nodig nie. En as jy soos ek of ousus nie juis rigting vas is nie, kan dit net ‘n gelol afgee.

Ons kan soveel tyd mors op die lewenspaaie, vir maande beur ons voort op die onbekende, te skaam om rigting te vra, te moedeloos, te hardkoppig. Ons bevind ons soms op die pad van dwaasheid, waar ons rondploeter en kosbare tyd vermors. Spreuke 19:3 sê dit so mooi! Sy eie dwaasheid bring ‘n mens op die verkeerde pad en dan is hy kwaad vir die Here. Hoe waar is dit my liewe vriendin? Soms blameer ons vir God vir die verkeerde afdraai pad wat ons self gekies het. Wanneer ons die stem agter ons geïgnoreer het, die stem wat gesê het:

“Hier is die pad, loop hierlangs.” (Jes. 30:21) Continue reading “Op Pad.”

Ek is Naby!

Die Ingelse het ‘n woordjie met groot betekenis: Implode. [Collapse or cause to collapse violently inwards.] Wanneer dinge nie is soos dit moet wees nie, ver van ideaal, wanneer jy voor jou siel weet, jy is als, behalwe okay! Die mat van die lewe is onder jou uitgepluk en jy lê op die naat van jou rug en snak na asem…

Ek ken nie jou, wat hier lees, se storie nie. Ek ken nie jou verlies, jou pyn, jou struikeling, jou stryd waarin jy tans gewikkel is nie, maar vir jou wat hier lees vandag, wil ek sê, dis okay om nie okay te wees nie! Dis okay om nie te weet wat volgende is nie… Die Psalmdigters het ‘n paar Psalms geskryf, eintlik klaagliedere, want ook hulle het ‘n moment of twee beleef wat vorentoe, op kyk en voort beur, net glad nie ‘n opsie was nie, want in die oomblik tussen die woorde en bladsye van die Bybel ervaar ons, hulle was alles behalwe okay. Continue reading “Ek is Naby!”