Ek kloof steeds die see vir jou oop…

Moenie bang wees nie. Staan vas, kyk hoe Ek die Here jou vandag gaan red. Bly jy maar kalm, want Ek veg vir jou. (Eks. 14:13-14)

Ook jy sal op droeë grond deurgaan in die middel van jou storm.  (Eks. 14:16) Weet jy steeds nie mensekind? Vir mense is dit onmoontlik, maar vir My is alles moontlik. (Matt. 19:26) Ek is YAHWEH. (Gen. 1:26) Vir My moet jy prys, want Ek is jou God en Ek het al hierdie magtige wonderdade vir JOU gedoen. (Deut. 10:21)

Roep My aan, Ek sal jou antwoord en jou vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie. (Jer. 33:3) Wat Ek doen, is groot en ondeurgrondelik, wonder op wonder. (Job. 5:9) Ek is magtig om oneindig meer te doen as wat jy bid of dink. (Ef. 3:20) Continue reading “Ek kloof steeds die see vir jou oop…”

T E V R E D E . . .

Ek het bietjie in die HAT gaan loer wat die woord tevrede se verklaring is. Dit sê die volgende: Voldaan, nie meer begerende nie. Jy mag NIKS van iemand anders begeer nie. (Eks. 20:17) Meet jy tevredenheid aan wêreldse goed? Ai, want dan sal ek en jy nooit tevrede wees nie, en nooit ooit vrede vind nie.

Sien jy die vrede in tevrede? Wat is dit wat jy kort wat jou gelukkig gaan maak, gaan maak dat jy tevrede is, voor dat jy met opregtheid kan sê, die Here is my Herder ek kom NIKS kort nie, ek het alles en nog meer…en nog meer en meer as genoeg? Ek is tevrede, en ek het vrede.

Ek het so paar jaar gelede gaan inloer by ‘n tannie oorkant die straat wat geduldig gelê en wag het dat die Here haar moet kom haal … toe wonder ek vanoggend hoe kan mens nie tevrede wees en voel nie, hier aan die einde van die lewe wat is dit wat jou hart se begeerte is, wat is dit waarna jy dan smag. Nog dinge, nog goete wat nie vreugde, vrede of geluk kan verseker nie? Ek dink nie so nie… Continue reading “T E V R E D E . . .”

RIV of LIV?

So rukkie terug lees ek die volgende vraag op FB raak: Hoekom sê ons so graag Rus in Vrede maar ons sukkel so om te Leef in Vrede? Goeie goeie vraag…

Die engelse oorbekende RIP kom van die Latyns: Requiescat in pace. Wat beteken: May he begin to rest in peace.

RIV (Rus in Vrede) gebruik ons regtig eintlik maar om ons, wat agter bly op aarde, te laat beter voel. Jy sien dit ook baie op grafstene- RIP of dan RIV vir die Afrikaner volkie. My en jou vrede is slegs in Hom te vinde. Hemelse vrede, nie wêreldse vrede nie, want daar is verseker ‘n verskil. RIV gaan niks aan jou saligheid maak as jy ongered is nie, al staan dit ook vir almal om te sien op ‘n baie mooi spierwit grafsteen met ‘n engeltjie op. Jesus is die WEG en die WAARHEID en die LEWE. (en my en jou vrede tot in ewigheid) Continue reading “RIV of LIV?”