Sjoe, ek wou eers sê ‘n paar jaar terug toe ek in Matriek was, toe besef ek, ek moet eerder sê twee dekades plus terug. Nietemin ek het ‘n vriend gehad wat eendag vir my gesê het ek is emosioneel onstabiel. Kan jy dit glo! Ek? Emosioneel onstabiel? Mensig, ek was de vieste in vir hom! Die waarheid, en die besef kom natuurlik met wysheid en baie water wat in die see geloop het; ja, ek is bietjie, soms, emosioneel onstabiel, en weet jy hoekom? WANT EK IS VROU.
So ja, ek kan in een dag deurmekaar, bly, hartseer, vol vrede, bang, vreugdevol, angstig, hoopvol, hopeloos, rustig, paniekerig, omgeêllie voel. Die eerlike waarheid; meeste van die tyd weet ek nie wat ek voel en hoekom ek so voel nie. Soms is dit nodig om die baie emosies wat ons voel naam te gee, te herken en te erken en nie skaam te wees daaroor nie, want ek en jy is vrou. Continue reading “Ek is Vrou.”

Sou jy vir my geluister het, die 18 jarige meisie-nog-vrou vol wysheid wat alles weet en die wêreld reeds oorwin het? Ai het jy maar net geweet wat ek nou weet sou die lewe miskien ‘n bietjie makliker gewees het. ‘n Bietjie eenvoudiger.
Maria het aan die voete van die Here gaan sit en na Sy woorde geluiser. Marta was baie bedrywig om alles klaar te maak. “Here, hinder dit U nie dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê sy moet my kom help!” Maar die Here antwoord haar: “Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie.” (Luk. 10:38-41)