Die Hart van ‘n Vrou.

She is a woman of strength and mighty valor! (Prov. 31:10)

Liewe Vriendin, ek weet nie aan wie of wat jou waarde gekoppel is nie, maar hoe meer ek praat met vrouens en jongmeisies, hoe meer besef ek, ons koppel ons waarde aan die wêreld en wanneer die wêreld kantel dan kantel ons waardigheid, selfbeeld en selfliefde.

Ek wil jou vandag herinner aan hierdie kosbare versies in Lukas 12:6-7: “Word vyf mossies nie vir twee sent verkoop nie? Tog word nie een van hulle deur God vergeet nie. Selfs die hare op julle kop is almal getel. Moenie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.” Continue reading “Die Hart van ‘n Vrou.”

Jy is nie Waardig nie.

Soos die Ingelsman sê: “Bear with me!” Toe ek die woorde hoor: “Jy is nie waardig nie!” het ek myself eers asvaal geskrik en toe my ore gespits, dalk moet jy dit ook vanoggend hoor. God moes ‘n skoon bladsy voor my neus kom inskuif, want sien Hy moes dit vir my van vooraf kom verduidelik het… na al die jare se hoor en weer hoor, kan ek dit nou vir die eerste keer op my hart skryf en dit boonop glo.

God’s righteousness made visible through the faithfulness of Jesus Christ. And now all who believe in him receive that gift. For there is really no difference between us, for we all have sinned and are in need of the glory of God. (Romans 3:23 TPT) Hierdie was die uitveër wat die bladsy voor my oge spierwit kom uitvee het. Ek ken die versie goed, ek hou tot daarvan om die versie aan te haal, maar vir die eerste keer het die vers lewend geword. All in need… Continue reading “Jy is nie Waardig nie.”

Selfies en Selfpersepsie

Ek hou van foto’s neem. Wat ek nie van hou is om ‘n foto met ‘n selfoon te neem… ek is ook nie baie goed met die selfoon foto nemery nie. So neem ek die ander oggend vir manlief ‘n selfie- werk verpligtinge het hom na ‘n ander provinsie gevat- darem nie ‘n vreemde land nie.

Ek neem die selfie dat hy nou darem nie moet vergeet hoe ek lyk nie- dis nou na 24 uur. Ek is nie mal oor veral selfies nie, want behalwe dat ek selde enige iets anders as af lyk, is ‘n selfie bietjie… wel selfgesentreerd…

Ieder geval ek stuur die foto’tjie- hy vertel my hoe mooi ek vir hom is, en hoe baie hy my laaik en dat hy my mis, jy weet mos al daai mooi dingetjies. Al wat ek kan dink is dat ek defnitief-beslis ‘n plooi en ‘n half bygekry het op my voorkop en my neus raak al langer. Nee jy mag nie lag nie vriendin, dis ‘n feit mens se ore en neus hou nooit op groei nie, of jy jok of nie. Continue reading “Selfies en Selfpersepsie”