Liewe Vrou, Jy is nie vir God Onsigbaar nie…

Liewe vrou, jy weet en ek weet, soms is dit onmoontlik om nie onsigbaar te voel nie, om nie alleen te voel in jou eie klein wêreldjie nie, oomblikke wat jy ‘n ekstra bietjie bemoediging kort, ‘n stille-herinnering dat jy saak maak, dat jy ‘n doel het hier op aarde …

Soms is al wat ek en jy kort ‘n hernude stukkie geloof sodat ons elke dag kan doen wat gedoen moet word. Mag jy met sekerheid weet in jou lag en in jou huil, in jou oorwinnings en in jou neerslae dat die God van Psalm 139 jou sien… Vir Hom is jy nie onsigbaar nie, want Hy is die God wat sien, die God wat jou raaksien. Continue reading “Liewe Vrou, Jy is nie vir God Onsigbaar nie…”

My Man se Vrou is ‘HOT’.

Ek voel al vir ‘n geruime tydjie nie so heeltemal tuis in my eie vel nie. Meeste van die tyd het ek dit afgemaak as spanning, of dalk is ek besig om siek te word of iets. Elke skeet, pyn en subtiele verandering beteken iets, maar heel waarskynlik niks. Vir maklik ses maande kan ek nie verduidelik hoekom my hart sommer net op loop gaan met tye nie, dan wonder ek nogals waaroor kan ek nou moontlik stres, meer en anders as gewoonlik?

Ek begin half sleg slaap, en dan is ek natuurlik lekker moeg deur die dag… en teen 20h00 dop ek om. Ek lees die anderdag ‘n stukkie op FB! En dis skreesnaaks so akkuraat beskryf dit my slaappatrone van deesdae…

LYF: “Dit is laat. Jy beter nou slaap.”
BREIN: “Hi, skies ek pla. Soek jy die goedjies wat dalk môre kan skeefloop in alfabetiese of kronologiese volgorde.” Continue reading “My Man se Vrou is ‘HOT’.”

Eva en die Spieël.

Ek staan die ander oggend voor die spieël in my Eva’s gewaad en room smeer. En ek weet dit gaan sommer lekker warm in die Kaap wees. Ek smeer net die stukkies wat uitsteek, want lus vir ‘n sweterige besigheid het ek nie. Die room kom net so halfpad teen die arm op en ‘n driekwart been. Dis al wat uitsteek vir die dag…

Soms kan daar vreeslike onwillekeurige gedagtes in my kop inspring… dan wil ek sommer giggel. Ek loer so skuins na myself in die spieël (dieselfde spieël wat ek ‘n haat-lief verhouding mee het, seker omdat die ding vollengte is) en ek dink vir ‘n oomblik, ek is soms bly vir Eva wat verbode vrug geëet het, want wie sou nou kans gesien het om só by die voordeur uit te loop? Beslis nie ek nie. Ha ha…

Daar is ook ‘n lessie vir Eva voor die spieël, mense sien net die deeltjies wat die room aankry, die droë vel, rolletjies en hobbeltjies kan baie mooi weggesteek word deur die regte klere aan te trek! Ons wys net wat ons wil hê ander moet/kan sien. Continue reading “Eva en die Spieël.”