
Vir die van julle wat nie weet nie, ek is een van ‘n nie-identiese tweeling. Jip nie ‘gecopy’ en ‘gepaste’ nie, maar twee individue wat heel toevallig ‘n uterus huisie gedeel het vir 9 maande.
Sjoe, daar is soveel voordele verbonde aan twee vir die prys van een! Dis soos om saam met jou beste vriendin gebore te word en dan so saam-saam deur die op en af’s van die lewe te loop. Dis heel handig om ‘n permanente vertroueling, vriendin, ‘n loop-jy-maar-voor maatjie te hê! Continue reading “Oor Braaf-wees en Dapperheid.”

Waarvoor is jy bang? Ons almal is bang vir iets, of soms vir ‘n paar ietse. Baie soos die Dapper muis. Ons is vir niks bang nie, behalwe… en hoe langer ons dink hoe langer raak die lysie. Waar kom vrees vandaan? Ek is nie heeltemal seker waar vrees vandaan kom nie, maar ek weet verseker waar vrees NIE vandaan kom NIE. For God will never give you the spirit of fear, but the Holy Spirit who gives you mighty power, love, and self-control. (2 Tim. 1:7 Passion Translation) So in die plek van vrees gee God ons krag, liefde en selfbeheersing.
My hande hang slap, my knieë knik. Ek het moed verloor. (Is. 35:3-4) Waarom staan U so ver weg, Here? (Ps. 10:1) Red my deur u mag, o God, laat aan my reg geskied deur U krag. (Ps. 54:3)