Angstigheid en Jesus.

Ek is altyd versigtig vir self-diagnoses… so ek ly nie aan angstigheid nie, maar soms, vir ‘n seisoen, of deur ‘n lewensstorm ervaar ons mos almal tog ‘n bietjie angs. Eintlik is dit meer angstige gedagtes waarmee ek en jy sukkel en oor struikel!

When my busy thoughts were out of control, the soothing comfort of your presence calmed me down and overwhelmed me with delight. (Ps. 94:19 TPT)

Ons besige gedagtes lei na ‘n oordinkery, ‘n heen en weer gedinkery. (Dis nou die bobbejane wat agter die berge gehaal word, almal van hulle, die hele familie. Kleintjies, oues, tieners… ALMAL. En natuurlik al die wat asse en sê nou maars…) en ‘overthinking’ lei na… jip jy het reg geraai… angs. Lekker bose kringlopie waarin ek en jy ons selwers bevind en mee besig hou.

As jy oor iets wil dink, oordink… bepeins die volgende… God is in beheer! Jou lewe is in Sy almagtige hande. Hy slaap nie, Hy sluimer nie. Hy ken jou op die naam, selfs die hare op jou kop is getel… met JOU is Hy welbekend! Continue reading “Angstigheid en Jesus.”

Ek is bang vir God…

Hulle het gehoor hoe die Here God in die tuin wandel teen die tyd dat die aandwind opkom, en die mens en sy vrou het vir die Here God weggekruip tussen die bome van die tuin. Maar die Here God het na die mens geroep en vir hom gevra: “Waar is jy?” En die mens antwoord: “Ek het U hoor wandel in die tuin en ek het bang geword, want ek is kaal. Toe het ek weggekruip.” (Gen. 3:8-10)

Adam en Eva is skrikkerig vir hulle Maker, want sonde het skeiding gebring tussen Skepper en skepsel. Vriendin, miskien voel jy ook soms bang vir God? En ons verstaan van die Bybel en God is mos maar op beste beperk. Soos Paulus tereg in 1 Korintiërs 13 sê, ons kyk in ‘n dowwe spieël en sien ‘n raaiselgtige beeld. Continue reading “Ek is bang vir God…”

Vier Een Kolletjie Kolletjie Een Nul.

Was jy al so bang dat jy nie lekker kan asemhaal nie? ‘n Ongemaklike gevoel, maar tog ‘n gevoel waarmee ons almal eintlik heel goed vertroud is. Bang is ‘n emosie wat baie verg maar niks gee behalwe vrees nie. Vrees wat oorloop uit ons hart en menswees sit om in angs en paniek.

Ons het in Roodepoort gebly voor ons destyds Kaap toe getrek het, op daardie stadium het Manlief redelik uit gewerk, in ander lande en in ander provinsies. Dit het eintlik heel gereeld gebeur dat ek en die girls alleen by die huis was. Soms was ek banger as ander tye, Johannesburg is mos maar bekend vir sy Wilde Weste aspek. Boonop voel mens mos dan erg verantwoordelik vir die twee sussies wat God vir jou gegee het om groot te maak.

Nietemin, een aand sit ek en die girls op die bed, en hulle is nog so bitterlik klein. Ousus was seker 6 en kleinsus 2 en ‘n bietjie. En hierdie mamma is bang, baie bang. As die honde blaf gaan kyk ek, ek sê niks nie, maar so goed soos ons dink ons kan emosies vir ons kinders wegsteek is dit eintlik lagwekkend hoe maklik hulle deur ons sien. Continue reading “Vier Een Kolletjie Kolletjie Een Nul.”