Wa’s my Vrede Heen?

Ek hou van vrede. Vrede in my huis. Vrede in my huwelik. Vrede tussen die kinders. Vrede met myself. Ek noem dit sommer self-vrede. Wanneer jy vrede maak en het met jouself. Wie jy is, hoe jy lyk, waarvoor jy staan. Vrede met ander… en nie net mense vir wie jy lief is nie. Almal… mind you dis nogals ‘n belangrike opdrag van Bo. As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense. (Rom. 12:18)

Dis ook nie altyd maklik om in vrede met almal te leef nie, party mense maak dit maar moeilik om daai opdraggie uit te voer. Vir hulle wil mens eintlik maar net sê: “Luister man, ek het vrede met jou!” Sjoe ek dink nie dis die vrede wat Jesus verwag ons moet met ander hê nie. Continue reading “Wa’s my Vrede Heen?”

Genade.

Hoe diep U genade my Here en my God, hoe sal ek en my menslike denke dit ooit kan verstaan of begryp? U genade is soos salf vir my siel, soos die bloed in my are, soos die lewensasem in my longe. ‘n Verband vir my gebroke menslike siel. Sonder U genade is ek niks. U wat gister en vandag dieselfde is, en tot in ewigheid. Dankie tog dat U nog altyd my hart deur  genade versterk het. (Heb. 13:8-9)

U genade was nog altyd vir my genoeg. U genade hou my aan die lewe, maar bowenal hou U genade my regop elke liewe dag. Here, as ek soms wonder oor genade, U genade, dan kan ek maar net terug hardloop na die kruis, kan ek net met afgryse staar na die genade-gate in U hande en voete. Loop genade onverdiend by die wond uit U sy uit. Want U het my naam in U handpalms gegraveer. (Jes. 49:16) Pynlik, bloederig is my naam in U Goddelike hande gegraveer. Continue reading “Genade.”