Ek het bietjie in die HAT gaan loer wat die woord tevrede se verklaring is. Dit sê die volgende: Voldaan, nie meer begerende nie. Jy mag NIKS van iemand anders begeer nie. (Eks. 20:17) Meet jy tevredenheid aan wêreldse goed? Ai, want dan sal ek en jy nooit tevrede wees nie, en nooit ooit vrede vind nie.
Sien jy die vrede in tevrede? Wat is dit wat jy kort wat jou gelukkig gaan maak, gaan maak dat jy tevrede is, voor dat jy met opregtheid kan sê, die Here is my Herder ek kom NIKS kort nie, ek het alles en nog meer…en nog meer en meer as genoeg? Ek is tevrede, en ek het vrede.
Ek het so paar jaar gelede gaan inloer by ‘n tannie oorkant die straat wat geduldig gelê en wag het dat die Here haar moet kom haal … toe wonder ek vanoggend hoe kan mens nie tevrede wees en voel nie, hier aan die einde van die lewe wat is dit wat jou hart se begeerte is, wat is dit waarna jy dan smag. Nog dinge, nog goete wat nie vreugde, vrede of geluk kan verseker nie? Ek dink nie so nie… Continue reading “T E V R E D E . . .”