Jy vra-smeek: “Vergewe my my sonde, want dit is groot Here, só groot?”, (Ps. 25:11) maar Ek sê vir jou, My Onderstebo-kop- kind, tel op jou kop, daar is geen mens op aarde wat regverdig is nie, niemand wat goed doen en nie sondig nie! (Pred. 7:20) Ek het jou sonde op My Seun laat afkom, (Jes. 53:6) want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe wat Ek gee is die Ewige lewe. (Rom. 6:23) Ek het jou sondes aan die kruis vas gespyker en dit weggeneem. (Kol. 12:14)
Ek wil vir jou ‘n ander hart gee. Ek gaan die kliphart uit jou liggaam uitskeur en jou ‘n hart van vleis gee. (Eseg. 11:19) Ek roep vandag die hemel en die aarde tot getuie teen jou dat Ek die lewe en die dood aan jou voorhou, die seёn en die straf. Kies die lewe sodat jy kan lewe. (Deut. 30:19) Ek het jou so bitterlik lief dat ek My enigste Seun gegee het, vir jou, sodat jy wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie, maar die ewigheid by My sal deurbring. (Joh. 3:16) Continue reading “Onderstebo-Kop-Kind.”
