Kan ek maar die uitdrukking: Geraamtes in jou kas gebruik? As jy geen sonde het waaroor jy skaam is nie, waarmee jy sukkel, waaroor jy struikel nie, dan hoef jy nie verder te lees nie. As jou geraamte kas dolleeg is, is jy so naby aan perfek soos kan kom… en as jy gelukkig net van die ‘Klein Sondetjie Afdeling’ sondetjies het, dan is jy okay! Nee ek grap net, daar bestaan nie so persoon nie, en nog minder kan jy sondes in kategorieë in deel van groot na klein, bitter erg na gangbaar. Sonde is sonde. Punt. Einde van die storie.
Ek en jy moet baie versigtig wees om nie ons sondetjies met ander mense se SONDES te vergelyk en met ons neusies in die lig, hoogmoedig te dink: Ek het darem nog nie op so groot skaal drooggemaak nie! Luister: Ons almal is sondaars. Nie een van ons leef tot God se eer nie. (Rom. 3:23) Continue reading “Oor Groot SONDES en Klein Sondetjies.”

Dit was nie die stukkie wat ek vandag wou ‘gepost’ het nie, maar God het dit op my hart gedruk om te skryf oor self vergifnis. Om jouself volkome te vergewe. Miskien praat ek vandag nie spesifiek met jou nie, en dis goed so, maar miskien is hierdie boodskap spesiaal vir jou: van God se hart na jou hart.
Ek weet nie wie het wat aan jou gedoen nie. Miskien het jy ‘n hele lys van mense wat jy moet vergewe. Miskien is daar net daai een persoon wat jy nog nie reg is om te vergewe nie.