My man moes bietjie Duitsland toe gaan vir werk. Vir ‘n hele 6 slapies… dis te lank vir my… so tussen die pak en regkry en laaaang afskeid neem sê ek, ek voel so halfies as jy weg is. Hy vra: “Hoekom is jy half vies?” ‘n Vassit kan darem lekker maklik gebeur as mens nie oop kommunikasie kanale het nie…Nietemin, net ‘n observasie… so terug na die halfies…
So asof die helfte van my nou kan oorsee rondrits terwyl die ander helfte van my geduldig by die huis bly… waar die ander helfte van my hart is weet ek nie, maar as hy weg is ek eintlik maar net halfies. Ek dink dis goed, want is ons nie een nie? En as hy halfpad om die aarde is, is ek mos net halfies.
Weet jy wat was die volgende gedagte… my hart is eintlik in hemelse plekke heel en vol, want ek het Hom altyd by my, naby My hart, in my hart. Want sonder Hom sou ek vergaan sou ek in sirkels rondloop en lekker verdwaal. God is my sterkte en my porsie vir ewig… Continue reading “Halfies en Half Vies.”

‘n Motor kan net vorentoe beweeg in die rigting wat jy wil wanneer daar brandstof in die motor se tenk is. Dis ook nodig om gereeld brandstof in te gooi anders gaan hierdie betroubare, selfs nuwe motor van jou net eenvoudig nie sy werk kan doen nie… en gaan staan. ‘n Eenmalige vol tenk hou nie verewig nie, dit hou net vir so lank as wat dit hou. As jou motor sonder brandstof gaan staan, dan weet jy wat die probleem is, jy bel manlief en hy kom met sy geel Diesel kan en ta-da, probleem opgelos. Krisis vermy! Dis nie rocket science nie, dit is algemene kennis.
Die laaste paar weke van 2020 was maar effe woes hier in die Meüter huishouding. Daar was min tyd vir batterye herlaai, ons moes maar net kop afhou, vasklou en deurdruk met al die leerdery, buitemuurs en al daai lekker goedjies wat so eie is aan daai tyd van die jaar. Besprinkel ‘n bietjie ekstra Covid stres by en ta-da. Almal sien maar bietjie leepoog en moeg daarna uit.