Die Storie van die pêrel.

In die wye oseaan, op die rotsagtige bodem, klou ‘n oester verbete vas vir lewe en vir dood. Hy weet nie wat verkeerd gegaan het met die vorige filter voeding nie, maar dit voel kompleet asof iets agter gebly het, en nou vassit… ‘n irritasie wat hy nie kan beskryf nie. Hy probeer nog water deur filter, oor en oor, weer en weer, maar helaas die irritasie het gekom om te bly. Dis nou al iewers tussen twee en drie jaar se irritasie waarvan hy net nie ontslae kan raak nie. Dit voel kompleet of die irritasie al gladder en ronder raak… en defnitief groter…Maar wat die Oester nie weet nie, in sy mantelholte het die mooiste pêrel gevorm. Die irritasie en ongemak het verander in ‘n pêrel, maar hiervan het hy nie lekker verstaan nie. Ongemak het skoonheid geword.

Die oester het meer as eenkeer probeer ontslaan raak van die irritasie, Hy het selfs na God gedraai, want hy het nie verstaan wat aan die gebeur is nie, dit kan mos nie die plan wees waarvan Jeremiah 29:11 praat nie? Toe die Oester die eerste keer bewus raak van die pêrel was hy stom-verbaas… Die pêrel se skoonheid het sy asem weggeslaan… nou wou hy haar ten alle koste beskerm… die kosbaarheid en die reinheid… Continue reading “Die Storie van die pêrel.”

‘n Geraamte in die Kas.

Ek weet dit beteken om ‘n geheim weg te steek, maar die geraamte in die kas het my laat dink aan dood, want ‘n geraamte is beslis nie lewendig nie. En dit het my ook laat dink dat ‘n geraamte in jou kas lekker wapens en ammunisie is vir die vyand om jou ‘n hele nag wakker te hou. En ek vermoed hierdie geraamte distansieer homself totaal en al van vergifnis. Geen vorm daarvan sal vir hom aanvaarbaar wees nie.

Onthou, jy is nie jou sonde of probleem nie! Jy is wel ‘n mens met ‘n sonde of ‘n probleem. Dit maak jou nie inherent ‘n slegte mens nie. Dit maak jou… wel menslik, want mense maak foute en sondig… ons is allermins nie perfek nie.

Ek en my man het anderdag hierdie gesprek (ons het deesdae vreeslike intelektuele gesprekke oor alles wat ek leer in my kursus) oor trauma. En hoe moeilik dit is om trauma te verwerk, maar hoeveel moeiliker dit is om enige iets te verwerk as jy die trauma veroorsaak het. Dis ‘n perd van ‘n ander kleur, want selfs met opregte berou, sal daai geraamte in die kas dit moeilik vind om nie die heeltyd sy mond te spoel nie. En al het almal jou al vergewe, God inkluis, maar jyself vergewe jouself, net tot op ‘n punt, vir net ‘n kort tydjie. Dis wanneer dit ‘n moeilike affêre afgee. Continue reading “‘n Geraamte in die Kas.”

Die Dogtertjie met die Wit Rokkie.

Ek wou hierdie stukkie al verlede week post, maar God het gesê: “Ek wil jou eers ietsie wys.” Vriendin, en dit wat Hy my gewys het was die klein dogtertjie met die wit rokkie in my, maar met ‘n heel hart. Maar vir julle wat eerbied het vir my Naam, sal die son van redding skyn met genesing in sy strale. (Mal. 4:2) Sy Woorde, Sy liefde het die Dogtertjie met die wit rokkie volkome genees. Vriendin, ek wil jou regtig net vandag kom bemoedig… hou uit, hou aan om genesing vir die kind in jou te soek… tot jy dit vind by die voete van Abba.

Iewers in ons elkeen se grootmens wese leef ‘n kind. My en jou kinderhart staan nie apart van ons grootmenshart nie. Dis een verweefde hart. Wat eintlik sommer net beteken, die dinge wat ons as kids nie lekker verwerk het nie, die dingetjies waarmee ons gestruggle het, dra ons rond as ‘n stukkie verwondheid as deel van ons grootmens hart. Dis nou dieselfde grootmenshart wat veronderstel is om al die wysheid in pag te hê, al die antwoorde te hê op die moeilike struikelblokke van die lewe. Continue reading “Die Dogtertjie met die Wit Rokkie.”