Waar was jy?

Waar was jy? Was jy daar tussen die priesterhoofde en familiehoofde in die woning van Kajafas, om die houttafel besig om ‘n slinkse manier te vind om My gevange te neem en dood te maak? Gesiene en hardkoppige volk van MY! (Matt. 26:3-4)

Was dit jy, onbekende, naamlose vrou wat My liggaam onwetend voorberei het vir My begrafnis? ‘n Begenadigde vrou met jou albaste fles vol kosbare, duur nardusolie. (Matt. 26:6-12)

Of was dit jy, my vertroueling en vriend, wat My in die steek gelaat het, weggehardloop het? (Matt. 26:55-56) Voor die haan gekraai het, het jy, Petrus, My 3 maal verloën. En jy liewe mensekind? Sê jy ook: “Al moet ek saam met U sterwe, ek sal U beslis nie verloën nie? Was jy die Petrus in My houtkruis storie? (Matt. 26:33-35) Continue reading “Waar was jy?”