‘n Goeie Pa.

Die meeste Eerstewêreldse kinders ly aan die te-veel-ma-te-min-pa-sindroom. (Gloria Steinem)

Die Afrikaanse idoom sê: Van nuuskierigheid is die tronke vol en die kerke leeg. Dit mag waar wees van nuuskierigheid, maar die oorvol tronke, of dit nou van nuuskierigheid is of nie, sit vol van misdadigers met reuse leemtes in hulle harte wat eintlik deur Pa’s se liefde gevul moes gewees het.

Ons kan die deugde van moeders besing en die rolle wat hulle speel kan niemand eers probeer ontken nie, maar op geen manier kan ‘n Ma ooit die plek van ‘n Pa volstaan nie. Al probeer sy hoe hard, ‘n afwesige Pa sal ‘n leemte in ‘n kind se hart so groot soos Kimberly se gat veroorsaak, en kinders probeer om die leemte, die pappa-holte te vul met alles wat wêrelds en verkeerd is. Continue reading “‘n Goeie Pa.”

Die Rolle van ‘n Pa.

(Die inspirasie en inhoud van die blog gee ek krediet aan my twee girls, ek het ‘n klomp verjaarsdag briefies gelees wat hulle aan hulle held, hulle pappa geskryf het. Dankie girls…)

Daar is geen kitsresep om ‘n goeie pa en later ‘n oupa te wees nie- hoe ‘n mens dit doen, is ‘n misterie. Daar is geen lys van deugde vir pa’s nie -net geloof. Daar is geen hoop op perfeksie nie – net genade. Al leidraad tot sukses wat pa’s gegee word, is dat dit iets te doen het met ‘n gelukkige gesinslewe, met die doodgewone dingetjies van elke dag – omdat juis dáárin skielik, elke oomblik, iets van die glorie en genade van God kan skitter. (Piet Naude)

‘n Pa glo in sy kind, onwrikbaar, sonder ‘n twyfel in sy hart, om die waarheid te sê, hierdie glo is só sterk dat ‘n kind in homself begin glo. Continue reading “Die Rolle van ‘n Pa.”

Die Hart van ‘n Pa.

‘n Pa is gemaak van beton, spiere, ‘n sagte hart vol jellybeans en ‘n growwe stem. Hy is met gare van genade aanmekaargewerk deur God homself. ‘n Pa trek sy insipirasie van sy Pa in die hemel. Na hom kyk hy op vir wysheid, geduld, onvoorwaardelike liefde en medelye. Hy volg letterlik sy Hemelse Pa in die te groot voetspore wat Hy agterlaat.

Soms verdwaal ‘n pappa in sy eie wêreld en menswees, ‘n wêreld waar hy sy niks-boksie oopmaak en aan… niks dink nie. Dieselfde wêreld waar hy soms onbevoeg en onopgelei voel vir die reuse taak van Pa wees, maar nooit te lank nie. Continue reading “Die Hart van ‘n Pa.”