
Ons (ek inkluis) hou nie van praatjies van die dood nie, maar soms moet ons tog bietjie oor die swaarmoedige goed gesels. Kan genade opraak? Ek dink dit kan, alhoewel God natuurlik ‘n genadige God is, strek genade nie tot in die ewigheid nie. Wanneer ek en jy ons laaste asemteug neem en uitblaas op aarde en ons saak met die Here is nie reg nie, dan is ons straks in die moeilikheid (of natuurlik as Jesus ons kom haal voor die laaste asem ons verlaat).
Wanneer ons uitasem oor die wenstreep hardloop aan die einde van ons lewenswedloop is daar nie tweede kanse, en omdraai kanse, en hardloop vir ‘n beter tyd nie. Onthou jy die storie van die ryk man en Lasarus in Lukas 16:19-31? Nie een van die mooi, goed-voel stories in die Bybel nie. Vers 16 praat van ‘n groot kloof tussen die hemel en die hel, en daar is nie paadjies vir ‘n geheen en weerery nie. Continue reading “Wanneer Genade Opraak.”


