
Ek is die ander oggend by die skool besig om saam met ‘n paar ander mammas vir die onnies cupcakes, versies en capachino sakkies uit te pak. Om een of ander rede was die tweede kwartaal van hierdie jaar net lekker woes. Dit was so lekker om net saam met ‘n paar mammas te gesels, en grappies te maak… ek stap uit, en net voor ek ry, gooi ek net gou ‘n oog op my selfoon wat op ‘stilte’ was. Ek sien een van my hartsvriendinne het probeer bel, en sommer toe ‘n stemborrel gelos.
Ai en daar verander ‘n goeie Vrydag eensklaps in ‘n hartseer ene. Een van ons Graad 11 bid-mammas is skielik oorlede… en jy weet mos die aanvanklike verdwaasdheid en amper ontkenning… dit kan mos nie wees nie.
By die eerste links draai vergeet ek toe heeltemal om my flikkerlig aan te sit, en die man in die groot bakkie agter my is toe nie so heeltemal beϊndruk met my nie. Eers wys hy vir my met vingertjies wat skiet, jy weet mos, in kinderkrans as ons die liedjie sing wat sê: ja, die kindergesiggies, soos die sterre se liggies, selfde beweging, ander betekenis, en net om sy punt mooi af te sluit, net vir goeie ‘measure’, gooi hy vir my ‘n middelvinger ook, nou kyk, ek weet ek moes my flikker gebruik het, ek was verkeerd, maar in daai spesifieke oomblik sou ‘n klein bietjie genade só welkom gewees het. Continue reading “Genade Toggie!”


