Ek sit Sondag in die kerk en ek besef ek sal al die lysies uit my kop en op papier moet kry, want dit vat tans net te veel spasie in my kop op. Dit voel mos hoeka of mens die tyd van die jaar op ‘n weghol trein klim en daar is geen sprake van afklim nie. Jy moet maar vasklou vir al wat jy werd is…
Dis net voorwaarts mars, niks tyd vir mistrap of die danspassies verkeerd kry nie. Dis bitter moeilik, amper onmoontlik om nie oorweldig te voel nie, en voor jy jou kon kry, ten spyte van jou beste voornemens bly jou vrede ook in die slag. En asof dit nie erg genoeg is nie, groet geduld en gaan solank op vakansie, seewaarts daar waar jy eintlik wil wees. Vriendin is dit net ek, of is hierdie tyd van die jaar net té besig? Continue reading “Lysies, Lysies en Nogmaals Lysies.”