
In Graad 1 het ousus blinkoog by die huis aangekom en verklaar: “Ek gaan eendag ‘n Graad 1 juffrou word.” So groot was die indruk wat haar graad 1 Juffrou. op haar gemaak het dat sy glad ‘n babapop na haar vernoem het. Groot was die hartseer en verlies einde van die jaar toe dit tyd geword het vir aanskuif.
Graad 2 begin so bietjie met rukke en stote, want ousus verlang na Graad 1 en haar Juffrou. Dit vat ook toe nie baie lank nie, toe kom ousus by die huis en verklaar: “Nou gaan ek ‘n graad 2 juffrou word.” Elke dag in haar kosblikkie het ek vir haar ‘n versie ingesit wat sy en die juffrou net voor pouse sou saam lees. Die graad 2 juffrou het diep spore in haar klein dogtertjie hartjie getrap. Continue reading “Slimkoppe en Rigtings.”
