Met jou Kop in die Hemelwolkies.

Ek het ‘n klomp versies en aanhalings in die binnekant van my kruidenierskas. Ek dink as ek so besluitloos voor die kas staan oor wat ons vanaand gaan eet, dan het ek ten minste ietsie om te doen. Tussen al die aanhalings het ek ene neergeskryf wat ek tannie Joyce Meyer eendag oor die radio hoor sê het. Net nou die dag vang my oog die aanhaling: You are so heavenly minded that you’ve got no earthly use. Ek het gaan opsoek dis eintlik ‘n aanhaling van ene Oliver Wendell Holmes Sr.

So loop ek nou al vir paar dae met die aanhaling in my kop en kou en herkou so bietjie aan die woorde. Ek het ‘Heavenly Minded’ gaan opsoek en dit sê die volgende: In Christian Spirituality to be heavenly minded means to attempt to create, via behavior, character and right treatment of others, the spiritual atmosphere of heaven on earth. Gits en toe weet ek nou skielik nie of dit ‘n goeie of slegte ding is nie. Continue reading “Met jou Kop in die Hemelwolkies.”

Die Appel val nie ver van die boom nie.

Wat maak ‘n appelboom ‘n appelboom? As daar appels aan die boom hang dan is dit sekerlik ‘n appelboom? So mens kan dan seker tereg sê: die boom word geken aan die vrugte wat hy dra. Net so word ek en jy ook geken aan die vrug wat ons dra. Hoe lyk die vrug wat jy dra my liewe vriendin in Jesus? Kyk mense na jou en sê: Jip defnitief, beslis ‘n dogter van die Koning? Bewys die vrug wat jy dra dat jy bekeer is? (Matt. 3:8)

Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. (Gal. 5:22) Ek het vir jare gepraat en gelees van die vrugte van die Gees, maar sien jy dis vrug van die Gees. Enkelvoud. Ek het baie gewonder daaroor, weet jy hoekom dit so is? Dis vrug is liefde en die deeltjies of die vrug van die Gees bly deel van een vrug, net so is elke vrug van die Gees deel van die eenheid. Jy kan ongelukkig nie ‘pick en choose’ watter vrug van die Gees jy lus het om na te kom nie. Dis nie ‘n tick boksie en jy kies watter een vir jou die beste werk, die beste by jou persoonlikheid pas nie. Dis ‘n alles of niks tipe situasie. Continue reading “Die Appel val nie ver van die boom nie.”

Maak jou Huis Mooi Skoon.

Jip hierdie blog gaan oor huis skoonmaak, siende dat ek ‘n huisvrou is het ek die besigheid mooi onder die knie en ek deel graag my huis skoonmaak wenke #101 met jou… ha ha. Nee ek spot en ek is lekker laf. Maar terwyl ek nou op die onderwerp is, as jy soos ek die huiskoonmaker, die skottelgoedwasser, kosmaker, wasgoedwasser, strykster ens is. Sussie ek voel jou pyn dis harde, ondankbare werk. Noem ons dan maar susters in verdrukking…

Ek wil wel bietjie gesels oor huis skoonmaak, maar dis die ander soort ene waarvan ek praat. Soms kom tik God so liggies op my skouer en Hy sê: “Vertel bietjie van die keer… wat jy moes huis skoon maak.” Nou kyk jy kan dink ek het die plot nou heeltemal verloor, ek is die kluts skoon kwyt, en dan is dit goed so… en jy kan natuurlik met my verskil… dis ook goed so. Continue reading “Maak jou Huis Mooi Skoon.”