
So I’m asking you, my friends, that you be joined together in perfect unity- with one heart, one passion, and united in one love. Walk together with one harmonious purpose and you will fill my heart with unbounded joy. (Phil. 2:3 TPT)
Vir ‘n hele rukkie al weet ek dis tyd vir ‘n nuwe bril, want op ‘n dag besef ek, ek sien net nie meer so helder en duidelik soos ek moet sien, om ordentlik te kan sien nie. So kry ek uiteindelik my nuwe bril… en hallelujah, ek kan sien-sien.
Ons is tans in die lewensfase van tieners en jong volwassenes, ek geniet elke oomblik terdeë… so besluit ousus, so rukkie terug, dis tyd vir ‘n skool reünie, dat almal net weer mekaar in die oë kan kyk, en net weer bietjie opvang, sommer hier by ons.
So lief soos ek vir al die jonge mense is, besluit ek en Manlief om bietjie te vlug vir ‘n stukkie van die aand. So ry ons na die restaurant waar ons bietjie wil opvang en wegkruip, ek met my splinternuwe bril op. Op pad soontoe, vee ek my bril so paar keer skoon, want dit voel so bietjie dof… dalk vuil? Dit pla nie te erg nie, want ek hoef nie te bestuur nie… Continue reading “‘n Nuwe Bril.”


